Bainskloofpas
Die Bainskloofpas[1] is 'n bergpas en nasionale gedenkwaardigheid op die R301-streekroete noordoos van Wellington in die Hawequasberge in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.[2] Die pas is deur Andrew Geddes Bain gebou. Dit verbind Wellington met die Tulbaghvallei. Bouwerk het in 1849 begin en is gedurende 1853 voltooi. Op 701 m bereik die pas sy hoogtepunt en dit het 'n maksimum helling van 1:13. Die pas is 28 km lank, waarvan 10 km uit die rots geskiet is met 15 ton buskruit. Die eerste motors het gedurende 1900 die eerste keer oor die pas gery. Gedurende 1934 is die pas verbreed en geteer. Dit is in 1980 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.[3][4]
Bainskloofpas | |
![]() | |
’n Deel van Bainskloofpas | |
![]() ![]() Bainskloofpas |
|
Koördinate: 33°36′8.6″S 19°6′42″O | |
---|---|
Ligging | Noordoos van Wellington |
Maksimumhelling | 1:13 |
Hoogte | 701 m |
Lengte | 28 km |
Oppervlak | Teer |
Ingenieur | Thomas Bain |
Begin in | 1849 |
Voltooi in | 1853 |
Verbou | 1934 |
In | Hawequasberge |
Pad | R301 |
Galery
- Monument in die Bainskloofpas.
- Kloofhange
- Rotsformasie wat oor die pad hang
- Padbord
Verwysings
- Wood, V.C.: Die Bergpasse van Kaapland. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 7, nr. 4, Oktober 1957
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- Passes & Poorts. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3
- Padlangs deur Suid-Afrika. ISBN 978-1-77007-751-5
Sien ook
Eksterne skakels
- Bainskloof.com
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bainskloofpas.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.