Baffin-eiland

Baffin-eiland (Engels: Baffin Island, Inuktitut: ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk), die wêreld se vyfde grootste eiland, na Groenland, Nieu-Guinee, Borneo en Madagaskar, beslaan 'n oppervlakte van 507 451 km². Dit is die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Baffin-eiland grens in die noorde aan die Baffinbaai, in die suide aan die Hudsonbaai en in die ooste aan die Labradorsee. Net noord lê Bylot-eiland en net wes Prins-Charles-eiland. Iqaluit, die hoofstad van die gebied, is in die suidooste van die eiland geleë. Baffin-eiland is genoem na die Britse ontdekker William Baffin.

Baffin-eiland
Inheemse naam: Baffin Island
ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk
Nasa-Satellietbeeld van die Baffin-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Baffin-eiland
Geografie
LiggingNoord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate69°N 72°W
ArgipelKanadese Arktiese Argipel

Oppervlakte507 451 vk km
Hoogste puntBerg Odin 2 147 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Nunavut

HoofstadIqaluit
Grootste stadIqaluit (6 184)

Demografie
Bevolking10 745
BevolkingsgroepeInuïete (72,7%)
Die wêreld se vyfde grootste eiland en die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel
Ligging van die Baffin-eiland
Kaart van die Baffin-eiland

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Baffin-eiland.
  • (en) "Baffin Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
  • (en) "Baffin Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.