Badplaas
Badplaas, ook bekend as eManzana en eBhadini (inheemse Swati) is 'n vakansiedorp langs die R38-pad in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is geleë langs 'n warmwaterbron aan die voet van die Ndlumudlumuheuwels (Swazi: Plek van baie donder). Daar is 'n warmwaterbron wat uit die grond borrel teen 'n tempo van 30 000 liter per uur en het onder vroeëre inwoners bekend gestaan as eManzana (helende waters). Die gebied rondom die bron is in 1876 deur 'n Swazihoofman aan Jacob de Clercq gegee om 'n handelspos daar te stig.
Badplaas (eManzana bygereken) | |
---|---|
Die hoofswembad by Badplaas | |
Badplaas Badplaas se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 25°57′14″S 30°34′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Albert Luthuli |
Stigting | 1876 |
Oppervlak | |
• Totaal | 47,94 km2 (18,51 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 504 |
• Digtheid | 157/km2 (410/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 92.7% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Swazi | 80.4% |
• Zoeloe | 4.4% |
• Afrikaans | 4.2% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 9.3% |
Poskode (strate) | 1190 |
Poskode (posbusse) | 1190 |
Skakelkode | 017 |
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.