Baden-Württemberg
Baden-Württemberg is 'n deelstaat van die Bondsrepubliek Duitsland. Dit grens aan die deelstate Rynland-Palts, Hesse en Beiere asook aan Switserland en Frankryk.
Landsvlag | Landswapen |
---|---|
(Besonderhede) | (Besonderhede) |
Basiese gegewens | |
Hoofstad: | Stuttgart |
Stigting: | 25 April 1952 |
Oppervlak: | 35 751,46 km² 3de in Duitsland |
Bevolking: | 11 100 394 (31 Desember 2019) 3de in Duitsland[1] |
Bevolkingsdigtheid: | 310 inwoners / km² 6de in Duitsland |
BBP - Totaal - % Verandering teenoor vorige jaar |
2017 493,3[2] miljard € 3,6 % (2016) |
Volkslied: (Landeshymne) | geen |
Skuldlas per inwoner: | 3 462 € (31 Desember 2019) |
Totale skuldlas: | 45 miljard € (31 Desember 2019)[3] |
Werkloosheid: | 4,2 % (April 2021)[4] |
ISO 3166-2: | DE-BW |
Amptelike webwerf: | www.baden-wuerttemberg.de |
Politiek | |
Eerste minister: | Winfried Kretschmann (Grüne) |
Regerende party: | Grüne en CDU |
Setels in die parlement (Landtag) (154 setels) (2016: 143 setels): |
Grüne 58 (2016: 47) CDU 42 (42) SPD 19 (19) FDP 18 (12) AfD 17 (23) |
Laaste verkiesing: | 14 Maart 2021 |
Volgende verkiesing: | 2026 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 6 (van 69) |
Kaart | |
Baden-Württemberg beslaan die suidweste van Duitsland tussen die Bodenmeer in die suide en die Main-rivier in die noorde, die Ryn-rivier in die weste en die Beierse grens in die ooste.
Baden-Württemberg is ten opsigte van sy bevolking, oppervlak en ekonomie op drie na die grootste deelstaat van Duitsland.
Geskiedenis
Die deelstaat het ontstaan op 25 April 1952 deur die samesmelting van die drie deelstate Baden, Württemberg-Baden en Württemberg-Hohenzollern. In prinsiep sluit dit die gebied van die voormalige Koninkryk Württemberg, die eermalige Groot hertogdom Baden en die voormalige Hohenzollern in.
Geografie
Baden-Württemberg lê in Suid-Duitsland. Noemenswaardige riviere is die Ryn en Neckar. Groot stede is Stuttgart en Mannheim.
Streke
- Bodensee-Oberschwaben
- Donau-Iller (strek tot in die deelstaat Beiere)
- Heilbronn-Franken
- Hochrhein-Bodensee
- Mittlerer Oberrhein
- Neckar-Alb
- Nordschwarzwald
- Ostwürttemberg
- Rhein-Neckar-Odenwald
- Schwarzwald-Baar-Heuberg
- Stuttgart
- Südlicher Oberrhein
Administratiewe distrikte
Die administratiewe distrikte van die deelstaat (Duits: Landkreise) is (die area-afkortings word tussen hakies gegee):
|
|
|
Tot die gebied Konstanz behoort ook die eksklawe Büsingen am Hochrhein (BÜS) wat in sy geheel deur Switserse gebied Kanton Schaffhausen omsluit word.
Selfregerende stede
'n Aantal stede maak nie deel uit van enige administratiewe distrik nie en vorm selfregerende stedelike distrikte:
|
Munisipaliteite
Baden-Württemberg se administratiewe distrikte word verder onderverdeel in altesaam 1 101 munisipaliteite.
Die 100 stede van Baden-Württemberg het meer as 20 000 inwoners. Dit sluit die 9 stadsgebiede, al 88 groot stadsgebiede en die stede Eislingen/Fils, Rheinstetten en Waldkirch in. Die vernaamste groot stadsareas is:
|
|
|
Politiek
Die Eerste Minister (Duits: Ministerpräsident) is hoof van die Landsregering van Baden-Württemberg, wat uit Ministers en Staatsekretarisse bestaan. Die Ministerpresidente sedert 1952:
- 1952–1953: Reinhold Maier (DVP)
- 1953–1958: Gebhard Müller (CDU)
- 1958–1966: Kurt Georg Kiesinger (CDU)
- 1966–1978: Hans Karl Filbinger (CDU)
- 1978–1991: Lothar Späth (CDU)
- 1991–2005: Erwin Teufel (CDU)
- 2005–2010: Günther Oettinger (CDU)
- 2010–2011: Stefan Mappus (CDU)
- sedert 2011: Winfried Kretschmann (Grüne)
Landskappe
|
|
|
Ekonomie
Baden-Württemberg is die sentrum van die motorindustrie (Mercedes-Benz, Porsche, Robert Bosch GmbH, MWM) met verteenwoordiging in Stuttgart, Mannheim, Rastatt en Ulm. Vroeër was die horlosie-industrie in die Swartwoud (Schwarzwald) belangrik. Die tweede grootste binnelandse hawe van Europa is in Mannheim. In Walldorf is die grootste Duitse sagtewaremaatskappy (SAP).
Verwysings
- (de) Statistisches Landesamt Baden-Württemberg: Bevölkerung nach Nationalität und Geschlecht am 31. Dezember 2019 Besoek op 12 Mei 2021
- (de) Statistik informiert … Nr. 58/2018, besoek op 12 Mei 2021
- (de) Ministerium für Finanzen Baden-Württemberg Geargiveer 5 Augustus 2020 op Wayback Machine Besoek op 12 Mei 2021
- (de) Arbeitslosenquoten im April 2021 – Länder und Kreise. Besoek op 12 Mei 2021
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Baden-Württemberg. |
- (de) Amptelike webwerf
- (de) Länderseiten Geargiveer 1 April 2004 op Wayback Machine
- (de) Lexikon Geschichte Baden+Württemberg Geargiveer 20 April 2008 op Wayback Machine
- (de) Dialekte in BaWü (Audio) Geargiveer 29 Oktober 2012 op Wayback Machine
- (de) Elektronische Fahrplanauskunft Baden-Württemberg
Deelstate van Duitsland | |
---|---|
Baden-Württemberg | Beiere | Berlyn | Brandenburg | Bremen | Hamburg | Hesse | Mecklenburg-Voorpommere | Nedersakse | Noordryn-Wesfale | Rynland-Palts | Saarland | Sakse | Sakse-Anhalt | Sleeswyk-Holstein | Thüringen |