Baddeleyiet

Baddeleyiet is 'n mineraal met die formule ZrO2. Dit is die monokliniese laetemperatuurvorm van sirkonia. Teen 1400K gaan dit oor in 'n tetragonale vorm met die rutiel-struktuur wat 'n 7,5% hoër digtheid het. By 2641K word dit kubies met 'n fluoriet-stuktuur en by 2963K smelt dit.

Baddeleyiet
 
FormuleZrO2 
OnsuiwerhedeCd, Fe, Hf, Si, Ti[1] 
Nickel-Strunz (10)4.DE.35  
Kleurkleurloos tot geel, groen rooierig bruin tot ysterswart 
Streepwit tot bruinerig wit 
Glansvetagtig, glasagtig 
Hardheid6,5 (Mohs) 
Digtheid5,83 (300K), 6,10 (1400K), 6,09(2641K) 
Dubbelbrekingtweeassig (-) 
Kristallografie 
FaseT<1400K 
RuimtegroepP2/c 
Strukturbericht-kodeC43 
Eenheidsela = 5.1454, b = 5.2075, c = 5.3107, α = 99.23° 
 
FaseT= 1400–2641 K[2] 
RuimtegroepP4/mnm 
Strukturbericht-kodeC4 
Eenheidsela = 5.094, c = 5.27 
FaseT>2641K 
RuimtegroepFm3m 
Strukturbericht-kodeC1 
Eenheidsela = 5.065
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Kristalstruktuur

Die kristalstruktuur van baddeleyiet is monoklien. Die sirkoniumatome het 'n negevoudige omringing deur suurstofatome. Dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C43-struktuur. By hoër temperature gaan dit oor in die C4-(rutiel) en C1-(fluoriet)-strukture, wat 'n agtvoudige omringing van die sirkoonatome besit. Kubiese sirkonia kan ook sinteties vervaardig word en word as kuns-diamante gebruik. Dit is harder as die monokliene vorm (8 -8,5 (Mohs)).

Verwysings

  1. "mindat 480" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2020.
  2. "globalsino" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2018. Besoek op 6 Junie 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.