Babiana virescens

Babiana virescens is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van Hondeklipbaai tot by Nuwerus en Lutzville voor waar dit deel van die fynbos en sukkulente Karoo-plantegroei vorm. Hier het dit 'n voorkomsgebied van 3 051 km² en daar is verskeie subpopulasies. Reeds is 20% van die spesie se habitat onherstelbaar verander deur mynbou aktiwiteite en dié bedreiging bestaan steeds.

Babiana virescens
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Iridoideae
Tribus:
Irideae
Genus:
Spesie:
B. virescens
Binomiale naam
Babiana virescens
Goldblatt & J.C.Manning, (2008)

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.