Babiana teretifolia

Babiana teretifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom wes van Koekenaap voor. Dit is deel van die Namakwaland fynbos. Mynbou aktiwiteite het reeds 'n gedeelte van die plant se habitat vernietig in die noordelike gedeelte van die plant se voorkomsgebied en daar word beraam dat die plant 'n verdere 80% van sy habitat oor die volgende 30 jaar gaan verloor weens mynbou. Die plant word as seldsaam beskou.

Babiana teretifolia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Iridoideae
Tribus:
Irideae
Genus:
Spesie:
B. teretifolia
Binomiale naam
Babiana teretifolia
J.C.Manning & Goldblatt, (2010)

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.