Babiana regia

Babiana regia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Agter-Paarl tot by Stellenbosch in die fynbos en renosterveld voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 kmĀ² en daar is ses, klein gefragmenteerde subpopulasies. Die totale populasie is kleiner as 1 000 plante.

Babiana regia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Iridoideae
Tribus:
Irideae
Genus:
Spesie:
B. regia
Binomiale naam
Babiana regia
(G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning, (2004)
Sinonieme
  • Babiana stricta var. regia G.J.Lewis

Die plant het 95% van sy habitat afgestaan aan hoofsaaklik gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur onder andere ontwikkeling, gebrek aan 'n brandprogram, indringerplante, oorbeweiding, eutrofikasie en die ontginning van sand.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.