Babiana pygmaea

Die geelbobbejaantjie (Babiana pygmaea) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Hopefield tot by Mamre voor waar dit deel van die fynbos en renosterveld is. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 320 kmĀ² en het 80% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan. Daar is vier gefragmenteerde subpopulasies by Darling oor. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur indringerplante en oorbeweiding.

Geelbobbejaantjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Iridoideae
Tribus:
Irideae
Genus:
Spesie:
B. pygmaea
Binomiale naam
Babiana pygmaea
(Burm.f.) Baker, (1877)
Sinonieme
  • Babiana macrantha MacOwan
  • Gladiolus pygmaeus (Burm.f.) Roem. & Schult.
  • Ixia pygmaea Roem. & Schult.
  • Ixia pygmaea Burm.f.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.