Babiana odorata
Die stinkbobbejaantjie (Babiana odorata) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Durbanville voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3500 kmĀ² en het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan graan verbouing en voorstedelike ontwikkeling, veral by Malmesbury en Darling. Indringerplante is ook 'n bedreiging vir die oorblywende subpopulasies.
Stinkbobbejaantjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Liliopsida |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Iridoideae |
Tribus: | Irideae |
Genus: | |
Spesie: | B. odorata |
Binomiale naam | |
Babiana odorata L.Bolus, (1932) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.