Babiana noctiflora
Babiana noctiflora is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Paardeberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is twee subpopulasies wat in totaal minder as 250 plante is. Die spesie het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan die aanlê van wingerde en boorde.
Babiana noctiflora | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Liliopsida |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Iridoideae |
Tribus: | Irideae |
Genus: | |
Spesie: | B. noctiflora |
Binomiale naam | |
Babiana noctiflora J.C.Manning & Goldblatt, (2007) | |
Die plant is eers in 2007 beskryf.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.