Babiana latifolia
Babiana latifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom van Piketberg tot by Piekenierskloof voor en het 'n voorkomsgebied van 72 kmĀ². Daar is vier gefragmenteerde subpopulasies oor nadat die spesie 80% van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur oorbeweiding, indringerplante en onbeheerde brande.
Babiana latifolia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Liliopsida |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Iridoideae |
Tribus: | Irideae |
Genus: | |
Spesie: | B. latifolia |
Binomiale naam | |
Babiana latifolia L.Bolus, (1927) | |
Sinonieme | |
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.