BIOS

BIOS, 'n akroniem vir Basic Input/Output System, is 'n biblioteek met 'n stel basisinstruksies vir die eerste kommunikasie tussen die hardeware en die bedryfstelsel. Tydens die opbring van 'n persoonlike rekenaar, wanneer die bedryfstelsel nog nie gelaai is nie, is dit ook die enige sagteware wat beskikbaar is.

'n BIOS-vlokkie

As 'n rekenaar aangeskakel word, voer die BIOS 'n POST-roetine (Power-On Self-Test) uit. As alles reg lyk, dra die BIOS beheer na die selflaaisektor (bootloader) oor om die bedryfstelsel te laai. Die selflaaisektor kan gewoonlik op die eerste sektor van 'n aanwesige hardeskyf gevind word.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.