Aymara
Aymara (Aymar aru) is naas Quechua en Guaraní die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 2,8 miljoen mense in die sentrale Andesstreek van Bolivië, Chili en Peru gepraat word. Dit word veral deur die Aymara gepraat en vorm saam met Guaraní, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Quechua en Spaans die amptelike tale van Peru. Daarbenewens is Aymara 'n erkende minderheidstaal in Chili.
![](../I/Aymara_signography_001.svg.png.webp)
Letters van Aymara se alfabet
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Aymara (volk).
Aymara Aymar aru | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() | |
Totale sprekers: | 2,8 miljoen[1][2][3] | |
Taalfamilie: | Aymara Aymara | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ay | |
ISO 639-2: | aym | |
ISO 639-3: | aym | |
![]() | ||
Aymara word oorwegend in die sentrale weste van Bolivië en aangrensende streke van Chili en Peru gepraat. Dit vorm saam met Kawki (amper uitgestorwe) en Jaqaru (700 sprekers) die Aymara-taalfamilie.
Sien ook
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 15 April 2016.
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara, Southern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 15 April 2016.
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara, Central" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2019. Besoek op 15 April 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.