Ayanda Dlodlo
Ayanda Dlodlo (gebore 22 Mei 1963) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en oudlid van die Nasionale Vergadering vir die regerende African National Congress. Sy was die minister van staatsdiens en -administrasie in die kabinet van president Cyril Ramaphosa, tot 4 April 2022 toe sy bedank het om die uitvoerende direkteur van die Wêreldbank te word.
Ayanda Dlodlo | |
Dlodlo toe sy minister was | |
Minister van Staatsdiens en administrasie (2 termyne) | |
Ampstermyn 5 Augustus 2021 – 4 April 2022 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Senzo Mchunu |
Opgevolg deur | Thulas Nxesi (waarnemend) |
Ampstermyn 28 Februarie 2018 – 29 Mei 2019 | |
Voorafgegaan deur | Faith Muthambi |
Opgevolg deur | Senzo Mchunu |
Minister van Staatsveiligheid | |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 5 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Dipuo Letsatsi-Duba |
Opgevolg deur | Pos afgeskaf |
Minister van Binnelande Sake | |
Ampstermyn 17 Oktober 2017 – 27 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Hlengiwe Mkhize |
Opgevolg deur | Malusi Gigaba |
Minister van Kommunikasiewese | |
Ampstermyn 31 Maart 2017 – 17 Oktober 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Faith Muthambi |
Opgevolg deur | Mmamoloko Kubayi-Ngubane |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 22 Mei 1963 Soweto, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Vroeë lewe
Dlodlo is in Soweto, Suid-Afrika gebore.[1] Haar pa het vir 'n Baccalaureus Scientiae gestudeer en later met 'n onderwysgraad 'n skoolhoof geword, terwyl haar ma 'n verpleegstudent was.[1][2] Die gesin het na Swaziland verhuis om van apartheid te ontsnap, maar die huwelik het ongelukkig nie lank gehou nie, haar ouers is geskei en haar ma het teruggekeer na Johannesburg.[3][2]
Op sewentien het sy by die ANC se militêre vleuel, uMkhonto we Sizwe (MK), aangesluit en in 1980 na Angola vertrek vir militêre opleiding.[3][4] Met haar terugkeer na Suid-Afrika in 1994, het sy verneem dat haar suster deur die veiligheidsmagte vermoor is en dat haar ma gely het onder die gevolge van marteling en aanhouding.[2]
Onderrig
In ballingskap het Dlodlo basiese militêre opleiding in Angola en militêre intelligensie-opleiding in die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) ondergaan.[1][2][4] Later is sy na die Verenigde Koninkryk gestuur waar sy mariene- en skeepsbestuur studeer het.[4] Latere studies het bestuursontwikkeling, ondernemingsbestuur en bestuursontwikkelingsprogramme ingesluit.[4] In Oktober 2018 gradueer sy aan die Bestuurskollege van Suider-Afrika met 'n nagraadse diploma in sakebestuur.[5][6]
Loopbaan
Besigheid
Met haar terugkeer na Suid-Afrika was haar eerste werk by Portnet.[2] Sy het by die SA Nasionale Hawe-owerheid en die SA Freight Rail Company gewerk en ook aan spesiale opdragte vir die New York en New Jersey-hawe-owerheid, sowel as die Associated British Ports.
Sy was 'n direkteur van baie maatskappye, insluitend Rosschef Africa, The Wired Cloud en Women in Energy.[7]
Politiek
Dlodlo is op 1 November 2010 as die Adjunkminister van Staatsdiens en Administrasie aangestel en dien in die Eerste Kabinet van Jacob Zuma.[4] Sy is in 2012 vir vyf jaar verbied om sake te doen met al drie regeringsvlakke vir haar rol as mede-direkteur van VIP Consulting Engineers.[8] Die maatskappy is betaal vir werk wat nie in 2009 voltooi is voordat sy 'n lid van die parlement geword het nie.[8] Sy is op 26 Mei 2014 deur Zuma in dieselfde ministerspos heraangestel, wat sy tot 30 Maart 2017 beklee het.[9] Sy is vanaf 30 Maart 2017 tot 17 Oktober 2017 as die Minister van Kommunikasie aangestel.[10] In 'n herskommeling is sy vanaf 17 Oktober 2017 as Minister van Binnelandse Sake aangestel, wat sy tot 26 Februarie 2018 beklee het.[4][11]
Dlodlo was in 2007 die hoofsekretaris van die uMkhonto we Sizwe Militêre Veteranevereniging en het ANC-adjunkpresident Jacob Zuma se kandidatuur as partypresident by die Polokwane-konferensie ondersteun.[12] In die 2009 Suid-Afrikaanse verkiesing het sy ’n parlementslid vir die ANC geword.[8] In Mei 2010 was Dlodlo een van drie lede van 'n ANC nasionale dissiplinêre komitee wat Julius Malema skuldig bevind het aan die oortreding van aspekte van die ANC-reëls.[13] Sy was in 2010 Zuma se parlementêre raadgewer.[14]
In Cyril Ramaphosa se eerste kabinet is sy op 27 Februarie 2018 as minister van Staatsdiens- en Administrasie aangestel ter vervanging van Malusi Gigaba, ’n pos wat sy beklee het tot 29 Mei 2019, toe sy as minister van staatsveiligheid aangestel is. Op 5 Augustus 2021 het Ramaphosa haar teruggeskuif na die Staatsdiens- en Administrasie-portefeulje.[15]
Op 4 April 2022 het Dlodlo uit die Kabinet en die Nasionale Vergadering bedank om 'n uitvoerende direkteur in die direksie van die Wêreldbank te word. Ramaphosa het die Minister van Arbeid en Indiensneming, Thulas Nxesi, aangestel om die vakature in die kabinet tydelik te vul.[16]
Sy is 'n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die African National Congress (ANC) en het as die voorsitter van die Wetgewende- en Regeringsubkomitee gedien.[17]
Dlodlo is ook die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in die Open Government Partnership.[17]
Verwysings
- "Minister Ayanda Dlodlo. The Ministry for the Public Service and Administration's new champion for change". BBQ. 2 Augustus 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Home and Away – Ayanda Dlodlo". News24 (in Engels). 4 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 16 Junie 2019.
- Karen, Carol (29 April 2019). "Here is all you need to know about the powerful Ayanda Dlodlo". Briefly (in Engels). Besoek op 16 Junie 2019.
- "Ayanda Dlodlo". www.gov.za. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Honorable Minister of Public service and administration, Ayanda Dlodlo received her Postgraduate Diploma in Business management". Facebook. 12 Oktober 2018. Besoek op 22 Desember 2021.
- "MANCOSA Graduation (12-13 October 2018): Celebrating Success!". MANCOSA. 17 Oktober 2018. Besoek op 22 Desember 2021.
- "19 Cabinet members still have private business interests". News24 (in Engels). 27 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Dlodlo blacklisted". News24 (in Engels). 9 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Full list – Jacob Zuma's Cabinet: Who's in". News24 (in Engels). 25 Mei 2014. Besoek op 16 Junie 2019.
- "BREAKING: Pravin Gordhan, Derek Hanekom among the axed". News24 (in Engels). 31 Maart 2017. Besoek op 16 Junie 2019.
- "the dpsa - Department of Public Service and Administration". www.dpsa.gov.za. Besoek op 12 Julie 2017.
- "Delegates urged: Don't sell votes". News24 (in Engels). 14 Desember 2007. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Full statement of the ANC hearing on Malema". News24 (in Engels). 12 Mei 2010. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Zuma mends fences with axed Nyanda". News24 (in Engels). 26 November 2010. Besoek op 16 Junie 2019.
- "Ramaphosa's cabinet reshuffle - who's in, who's out?". News24. 5 Augustus 2021. Besoek op 5 Augustus 2021.
- Felix, Jason. "Ramaphosa appoints Nxesi as acting Public Service Minister as Dlodlo heads to World Bank". News24 (in Engels). Besoek op 6 April 2022.
- "Ayanda Dlodlo". People's Assembly (in Engels). Besoek op 16 Junie 2019.
Eksterne skakels
- "Ayanda Dlodlo". People's Assembly. Besoek op 24 Junie 2018.