Ralierooivlerkie
'n Ralierooivlerkie (Axiocerses tjoane) is 'n vlinder in die familie van Bloutjie-skoenlappers (Lycaenidae). Dit staan in Engels bekend as die Common scarlet of Eastern scarlet.[2]
Ralierooivlerkie | |
---|---|
Ralierooivlerkie – bokant | |
Onderkant | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | Aphnaeini |
Genus: | Axiocerses |
Spesie: | A. tjoane |
Binomiale naam | |
Axiocerses tjoane (Wallengren, 1857)[1] | |
Sinonieme | |
|
Subspesies
- Axiocerses tjoane tjoane
- Verspreiding: Suidelike en oostelike dele van Afrika. In Suid-Afrika kom dit naby die kus voor vanaf Grahamstad in die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal, asook in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo en Noordwes.[3]
- Axiocerses tjoane rubescens (Henning & Henning, 1996)
- Verspreiding: Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië.
Habitat
Heuwels en vlaktes. Die ruspes vreet hoofsaaklik aan witdoring, soetdoring, papierbasdoring[3] en huilboom.[4]
Voorkoms
Die vlerkspan van die wyfie is 25–34 mm en dié van die mannetjie is 24–32 mm. Die bokant van die vlerke is rooi met swart merke. Die onderkant van die vlerke van beide geslagte is kripties.[4]
Fotogalery
- 'n Wyfie.
- 'n Mannetjie.
Verwysings
- Axiocerses at Markku Savela's Lepidoptera and Some Other Life Forms
- "Skoenlapperlys saamgestel deur die Landboutaalkomitee met medewerking van die Taaldiensburo van die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap, 1959" (PDF). Besoek op 20 Mei 2017.
- Woodhall, Steve (2005). Field Guide to Butterflies of South Africa (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. p. 188. ISBN 978-1-86872-724-7.
- "SANBI Biodiversity Series 16. Butterflies of South Africa's National Botanical Gardens: An illustrated checklist compiled by Christopher K. Willis & Steve E. Woodhall. 2010" (PDF). Besoek op 20 Mei 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.