Aviva Pelham
Aviva Pelham (1948-) is 'n Suid-Afrikaanse sopraan. Sy is op 23 Januarie 1948 in Harare, Zimbabwe gebore. Pelham sing 'n verskeidenheid van musiek, insluitend: operas, musiekblyspele, operette, oratoria en kabarette.[1] Sy het boeke vir blindes op band voorgelees en is by ander welsynswerk, soos die motorneuronsiekte-assosiasie betrokke.[2]
Aviva Pelham | |
---|---|
Gebore | 23 Januarie 1948 Harare, Zimbabwe |
Genres | Opera |
Beroep(e) | Sangers |
Instrumente | Stem |
Webwerf | avivapelham.co.za |
Sy is onder andere bekend vir die opvoering van "Santa's Story", wat haar moeder, Santa Pelham se lewensverhaal beskryf. Haar moeder het van Nazi-Duitsland ontvlug en in die proses deur Spanje, Frankryk en uiteindelik na Zimbabwe gereis.
Diskografie
- Viva Aviva – A Selection of Favourite Songs, 2002
- Gershwin Cocktail – Aviva Pelham met Thomas Rajna, 2003
- Life is Beautiful – Duette
- Manuel and Aviva 2004
Verwysings
- Whoswho.co.zs Geargiveer 28 November 2017 op Wayback Machine, besoek op 23 Januarie 2014
- Aviva Pelham 'n diva met 'n ruim hart, Beeld, 7 Oktober 1998
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.