Avesties
Avesties, ook Avesta, Oudbaktries of Zend genoem, is 'n uitgestorwe Irannese taal wat in die noordooste van die ou Persiese Ryk gepraat is. Die oudste bewaarde tekste dateer terug na die 6de eeu v.C. Die naam Avesties verwys na die Avesta, die boek met die leer van die profeet Zoroaster, die stigter van die Zoroastrisme.
Avesties | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Noordoos-Iran | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Oos-Irannees Avesties | |
Skrifstelsel: | Avestiese alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ae | |
ISO 639-2: | ave | |
ISO 639-3: | ave | |
Volgens die kanonieke tweedeling van die Indo-Europese tale bestaan daar Satem-tale en Kentum-tale. Die woord satem is afgelei van die Avestiese woord satəm (honderd).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.