Australiese Ope (tennis)

Die Australiese Ope (Engels: Australian Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks in Januarie in Melbournepark, Australië, aangebied word. Dit is die eerste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit is die grootste sporttoernooi wat jaarliks in Australië plaasvind.

Kenteken van die Australiese Ope in 2017
Die Margaret-baan by die Australiese Ope
Binnekant van die Rod Laver Arena voor 'n wedstryd

Soos by alle Grand Slam-toernooie word mans- en damesenkels, mans- en damesdubbels, gemengde dubbels en juniorkampioenskappe gespeel. 'n Toernooi vir rolstoel-tennisspelers en vertoonwedstryde deur bekende spelers word ook aangebied.

Geskiedenis

Oorspronklik is die kampioenskap aan die begin van die kalenderjaar gehou. In 1977 word dit verskuif na einde Desember (rondom Kersfees) en is twee kampioenskappe die jaar in beide Januarie en Desember aangebied. Teen einde 1985 word besluit om na die oorspronklike reëling terug te val en dat die volgende kampioenskap eers in 1987 gespeel sou word. As gevolg hiervan is geen kampioenskap in 1986 gehou nie.

Voor 1983 het baie van die wêreld se beste spelers nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie. Die hoofrede hiervoor was dat dit te ver was om te reis en baie spelers het dit nie as 'n belangrike toernooi geag nie.

Hitte-beleid

Die toernooi word in Januarie, tydens die warm Australiese somer gespeel. In 1998 word 'n uitermatige hitte-beleid ingevoer.[1] Dit is die enigste groot toernooi wat so 'n beleid het.[2] Sodra die temperatuur bokant 35 grade Celsius styg kan spel vir 'n rukkie gestop word om dehidrasie van deelnemers te voorkom. Wedstryde op buitebane word dan onderbreek. Die dak oor die hoofstadion kan toegemaak word en verkoelingstelsels kan aangeskakel word.[2] In 2007 het temperature op die bane tot bokant 50 grade Celsius gestyg.[1]

Finaliste

Hieronder die mees onlangse finaliste in beide die mans- en damesenkelspel:

Mans

JaarWennerNaaswenner
2024Vlag van Italië Jannik Sinner  Daniil Medvedev
2023Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Griekeland Stefanos Tsitsipas
2022Vlag van Spanje Rafael NadalVlag van Rusland Daniil Medvedev
2021Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Rusland Daniil Medvedev
2020Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Oostenryk Dominic Thiem
2019Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Spanje Rafael Nadal
2018Vlag van Switserland Roger FedererVlag van Kroasië Marin Čilić
2017Vlag van Switserland Roger FedererVlag van Spanje Rafael Nadal
2016Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2015Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2014Vlag van Switserland Stanislas WawrinkaVlag van Spanje Rafael Nadal
2013Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2012Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Spanje Rafael Nadal
2011Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2010Vlag van Switserland Roger FedererVlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2009Vlag van Spanje Rafael NadalVlag van Switserland Roger Federer
2008Vlag van Serwië Novak DjokovicVlag van Frankryk Jo-Wilfried Tsonga
2007Vlag van Switserland Roger FedererVlag van Chili Fernando González
2006Vlag van Switserland Roger FedererVlag van Siprus Marcos Baghdatis
2005Vlag van Rusland Marat SafinVlag van Australië Lleyton Hewitt
2004Vlag van Switserland Roger FedererVlag van Rusland Marat Safin
2003Vlag van Verenigde State van Amerika Andre AgassiVlag van Duitsland Rainer Schüttler
2002Vlag van Swede Thomas JohanssonVlag van Rusland Marat Safin
2001Vlag van Verenigde State van Amerika Andre AgassiVlag van Frankryk Arnaud Clément
2000Vlag van Verenigde State van Amerika Andre AgassiVlag van Rusland Jevgeni Kafelnikov

Vroue

JaarWennerFinalis
2024  Aryna SabalenkaVlag van Volksrepubliek China Zheng Qinwen
2023  Aryna SabalenkaVlag van Kasakstan Elena Rybakina
2022Vlag van Australië Ashleigh BartyVlag van Verenigde State van Amerika Danielle Collins
2021Vlag van Japan Naomi OsakaVlag van Verenigde State van Amerika Jennifer Brady
2020Vlag van Verenigde State van Amerika Sofia KeninVlag van Spanje Garbiñe Muguruza
2019Vlag van Japan Naomi OsakaVlag van Tsjeggië Petra Kvitová
2018Vlag van Denemarke Caroline WozniackiVlag van Roemenië Simona Halep
2017Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van Verenigde State van Amerika Venus Williams
2016Vlag van Duitsland Angelique KerberVlag van Verenigde State van Amerika Serena Williams
2015Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van Rusland Maria Sjarapova
2014Vlag van Volksrepubliek China Li NaVlag van Slowakye Dominika Cibulkova
2013Vlag van Belarus Victoria AzarenkaVlag van Volksrepubliek China Li Na
2012Vlag van Belarus Victoria AzarenkaVlag van Rusland Maria Sharapova
2011Vlag van België Kim ClijstersVlag van Volksrepubliek China Li Na
2010Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van België Justine Henin
2009Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van Rusland Dinara Safina
2008Vlag van Rusland Maria SjarapovaVlag van Serwië Ana Ivanović
2007Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van Rusland Maria Sjarapova
2006Vlag van Frankryk Amélie MauresmoVlag van België Justine Henin
2005Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van Verenigde State van Amerika Lindsay Davenport
2004Vlag van België Justine HeninVlag van België Kim Clijsters
2003Vlag van Verenigde State van Amerika Serena WilliamsVlag van Verenigde State van Amerika Venus Williams
2002Vlag van Verenigde State van Amerika Jennifer CapriatiVlag van Switserland Martina Hingis
2001Vlag van Verenigde State van Amerika Jennifer CapriatiVlag van Switserland Martina Hingis
2000Vlag van Verenigde State van Amerika Lindsay DavenportVlag van Switserland Martina Hingis
Panorama oor die Margaret-baan gedurende die 2008-Australiese Ope.

Verwysings

  1. (en) "Australian Open Weather / Extreme Heat Policy | Australian Open". australian.open-tennis.com. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2012. Besoek op 31 Januarie 2011.
  2. (en) "Extreme heat policy likely at Australian Open – ABC News (Australian Broadcasting Corporation)". abc.net.au. 28 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2010. Besoek op 31 Januarie 2011.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
VSA Ope
Grand Slam Kampioenskappe
Januarie
Opgevolg deur
Franse Ope
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.