Australië (kontinent)

Australië is 'n kontinent in die Suidelike halfrond. Die kontinent lê tussen die Indiese Oseaan (wes) en die Stille Oseaan (oos). Die kontinent bestaan uit die land Australië en die eilande Tasmanië en Nieu-Guinee. Soms word ook die eilandnasies in die Stille Oseaan as deel van die kontinent Australië beskou, veral Australië se politiese en kulturele buurland Nieu-Seeland. Hierdie gebied word dikwels ook die kontinent Oseanië genoem. Die kontinent se voormalige naam was Nieuw-Holland, vernoem ná die Nederlandse provinsie Holland soos ook Nieu-Seeland ná Zeeland vernoem is. Veral in Europa word die gebied as die vyfde kontinent beskou.

Kontinente van die wêreld


Afrika-Eurasië

Amerikas

Eurasië

Oseanië


Afrika

Antarktika

Asië

Australië

Europa

Noord-Amerika

Suid-Amerika

Geologiese superkontinente : Gondwana · Laurasië · Pangaea · Rodinia · Ur · Vaalbara

Australië

Ligging van Australië op 'n wêreldkaart

Oppervlakte 8 600 000 km²
Bevolking 36 000 000
Bevolkingsdigtheid 4,2 inwoners/km²
Lande 3 (Australië, Papoea-Nieu-Guinee en dele van Indonesië)
Tale Engels, Indonesies, Tok Pisin en Hiri Motu
Tydsones UTC+10, UTC+9.30, UTC+8
Grootste stede 1. Sydney
2. Melbourne
3. Brisbane
4. Perth
5. Adelaide
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.