Austraaleilande

Die Tuha'a Pae, of Austraaleilande (Frans: Îles Australes of Archipel des Australes), is die mees suidelike groep eilande van Frans-Polinesië, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Geografies bestaan hulle uit twee aparte argipels, Tupua'i (Îles Tubuaï) in die noordweste en die Basseilande (Îles basses) in die suidooste. Eersgenoemde bestaan uit Îles Maria, Rimatara, Rūrutu, Tupua'i en Ra'ivāvae; en laasgenoemde uit die hoofeiland, Rapa Iti, en die kleiner Marotiri. Die bewoners van die eilande is bekend vir hul weefwerk.[2]

Austraaleilande
Inheemse naam: Îles Australes,
Tuha'a Pae
Kaart van die Austraaleilande.
Kaart van die Austraaleilande.
Geografie
LiggingStille Oseaan
ArgipelPolinesië, Frankryk
Totale eilande7
HoofeilandeTupua'i, Rūrutu, Ra'ivāvae, Rapa Iti

Administrasie
Sien teks.
Oorsese gebiedFrans-Polinesië

HoofstadTupua'i
Grootste stadRūrutu (bev. 2 322)

Demografie
Bevolking6 820[1]

Die eilande Maria en Marotiri is nie geskik vir onderhoubare bewoning nie. Verskeie van die eilande het onbewoonde eilandjies of rotse aan hul kus.

Die Austraaleilande het ’n bevolking van sowat 6 300 op byna 150 km2. Die hoofstad is Tupua'i, maar die grootste stad is Rūrutu met ’n bevolking van 2 322.

Verwysings

  1. Institut Statistique de Polynésie Française (ISPF). "Recensement de la population 2012" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Februarie 2014. Besoek op 1 Augustus 2012.
  2. "Australs Resorts". Tahiti Travel Planners. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 16 Desember 2014.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.