Auloniade
Die Auloniades (Grieks: Αὐλωνιάς) was in die Griekse mitologie die nimfe van valleie en grasvelde. Hulle was dikwels in die geselskap van Pan, die god van die natuur.
Eurydice, vir wie Orpheus na die donker Hades gereis het, was ’n Auloniade. Sy het in die vallei van die Thessaliese rivier Pineios gesterf, indirek aan die hand van Aristaios. Aristaios, die seun van die god Apollo en die nimf Sirene, wou Eurydice verkrag. Sy het probeer wegkom sonder om te kyk waar sy hardloop en het op ’n giftige slang getrap.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.