Audi Q5
Die Audi Q5 (Typ 8R) is 'n kompakte luukse oorkruiser wat sedert 2008 deur die Duitse motorvervaardiger Audi vervaardig en bemark word.[4] Die voertuig is tydens die 2008 Beijing Motorskou onthul en later tydens die Los Angeles Motorskou in 2008. Vroeë modelle sluit die 2.0 TFSI quattro (211PS), 2.0 TDI quattro (170PS) en 3.0 TDI quattro in.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Audi |
Produksie | Julie 2008–huidig[1] |
Modeljare | 2009–huidig |
Montering | Ingolstadt, Duitsland Changchun, China Kaluga, Rusland (Volkswagen Group Rus) Aurangabad, Maharashtra, Indië Shah Alam, Maleisië (Euromobil) |
Ontwerper | Christian Winkelmann (2005)[2][3] |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte luukse oorkruiser |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | inlyn voorenjin, quattro permanente vierwieldryf |
Platform | Volkswagengroep B-platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0 L T petrol-FSI inlyn-4 2.0 L TDI dieselenjin 3.0 L TDI dieselenjin V6 3.2 L V6 petrol-FSI |
Ratkas | 6-gang handrat 6-gang Tiptronic 8-gang Tiptronic ZF 8HP 7-gang S Tronic |
Lengte | 4639 mm |
Breedte | 1880 mm |
Hoogte | 1650 mm |
Massa | 1850 kg |
Asafstand | 2807 mm |
Dit maak gebruik van Audi se modulêre lengteplatform wat eerste op die 2007 Audi A5 koepee gebruik is. Die Q5 is kleiner as die Q7, maar groter as die Q3.
Q5-hibried
Audi het oorspronklik berig dat hy die Q5-hibried as bekendstellingsmodel sou aanbied, maar later het Audi die plan opgeskort as gevolg van onbevredigende botsingstoetsuitslae vir die nikkelmetaalhidriedbatterye. In 2009 het Audi aangekondig dat hy die Q5-hibried-ontwikkeling sou hervat. Dit bevat 'n batterypak van 266V, 1,3 kWh. Die Q5 het 'n vol-elektriese reikafstand van ongeveer 3 km en 'n maksimum vol-elektriese snelheid van 100 km/h.
Verwysings
- Audi se Q5-planne uitgelek
- www.carbodydesign.com/Audi Q5
- Audi Q5 vervang Audi A2
- "Audi Q5 Online Special" (in Japannees). Microsites.audi.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2009. Besoek op 17 Oktober 2009.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |