Atlas of Peculiar Galaxies
Die Atlas of Peculiar Galaxies is ’n sterrekundekatalogus van ongewone sterrestelsels wat deur die Amerikaanse sterrekundige Halton Arp opgestel is. Daar is altesaam 338 stelsels in die katalogus, wat oorspronklik in 1966 deur die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie gepubliseer is.[1]
Die hoefdoel daarvan was om foto's van die verskillende soorte nabygeleë, ongewone sterrestelsels te verskaf. Arp het besef die rede hoekom sterrestelsels spiraal- of elliptiese stelsels word, is nie baie duidelik nie. Hy het ongewone stelsels beskou as klein "eksperimente" wat sterrekundiges kon bestudeer om die fisiese prosesse te verstaan wat spiraal- of elliptiese stelsels verwring. Die atlas is nie ’n algehele oorsig oor al die ongewone stelsels in die ruimte nie, maar verskaf eerder voorbeelde van die verskillende verskynsels soos wat hulle in nabygeleë stelsels gesien kan word.
Omdat min destyds bekend was oor die fisiese prosesse wat die verskillende vorms veroorsaak, word die sterrestelsels gerangskik volgens hul voorkoms. Voorwerpe 1-101 is individuele spiraalstelsels wat ongewoon is of oënskynlik klein metgeselle het. Voorwerpe 102-145 is elliptiese en elliptiesagtige stelsels. Individuele of groepe stelsels wat nie spiraal- of elliptiese vorms het nie, is voorwerpe 146-268. Voorwerpe 269-327 is dubbele stelsels. Voorwerpe wat nie in een van bogenoemde kategorieë pas nie, is genommer van 332-338. Die meeste voorwerpe is beter bekend onder ander name, maar vir ’n paar word meestal die Arp-nommer gebruik, soos Arp 220.
Vandag word die fisiese prosesse wat die verskillende vorms in die Arp-atlas veroorsaak goed verstaan. Baie van die stelsels is interaktiewe sterrestelsels, soos M51 (Arp 85), Arp 220 en die Antenne-sterrestelsels (NGC 4038/NGC 4039 of Arp 244). ’n Paar van die stelsels is bloot dwergsterrestelsels met te min massa om die nodige swaartekrag voort te bring om dit in enige samehangende struktuur te verander. NGC 1569 (Arp 210) is so ’n voorbeeld. ’n Paar ander stelsels is radiosterrestelsels. Hulle het aktiewe sterrestelselkerns wat kragtige gasstrome meebring. Voorbeelde hiervan in die atlas is M87 (Arp 152) en Centaurus A (Arp 153).
Noemenswaardige Arp-sterrestelsels
Arp-nommer | Naam | Magnitude | Notas |
---|---|---|---|
26 | Vuurwiel-sterrestelsel (M101) | +7,5 | Spiraalsterrestelsel |
37 | Messier 77 | +8,9 | Radiosterrestelsel |
41 | NGC 1232 | +9,8 | Spiraalsterrestelsel |
76 | Messier 90 | +9,5 | Spiraalsterrestelsel |
77 | NGC 1097 | +9,5 | Interaktiewe sterrestelsels |
85 | Draaikolk-sterrestelsel (M51) | +8,4 | Interaktiewe sterrestelsels |
116 | Messier 60 | +8,8 | Botsende sterrestelsels |
152 | Virgo A (M87) | +8,6 | Elliptiese sterrestelsel |
153 | Centaurus A (NGC 5128) | +6,6 | Radiostelsel in ’n botsing? |
188 | Paddavis-sterrestelsel | +14,4 | Saamgesmelte sterrestelsel |
242 | Muise-sterrestelsels | +14,7 | Botsende sterrestelsels |
244 | Antenne-sterrestelsels | +10,3 | Botsende sterrestelsels |
317 | Messier 65 | +9,2 | Spiraalsterrestelsel |
319 | NGC 7320 | +15 | Stelsel in botsende groep |
337 | Sigaar-sterrestelsel (M82) | +8,6 | Steruitbarsting-sterrestelsel |
Lys van sterrestelsels in die atlas
Stelsels met ’n lae helderheid
Dit is hoofsaaklik dwergstelsels of dowwe, swak gedefinieerde spiraalstelsels (Sm). Dowwe stelsels is eintlik heel algemeen. Die uitsondering in die atlas is NGC 2857 (Arp 1), wat ’n Sc-spiraalstelsels is (wat beteken dit het ’n definitiewe struktuur met los spiraalarms en ’n dowwe maar goed gedefinieerde kern).[2]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
1 | NGC 2857 | Sc-spiraalstelsel[2] |
2 | UGC 10310 | |
3 | Arp 3 | |
4 | Arp 4 | |
5 | NGC 3664 | |
6 | NGC 2537 | |
Stelsels met gesplete arms
Dié kategorie bevat spiraalstelsels met arms wat verdeel is.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
7 | Arp 7 | |
8 | NGC 497 | |
9 | NGC 2523 | |
10 | UGC 1775 | Kern nie in die middel |
11 | UGC 717 | |
12 | NGC 2608 | |
Stelsels met los segmente
Dié kategorie bevat spiraalstelsels met arms wat lyk of hulle gesegmenteerd is. Sommige spiraalarms lyk so omdat stofbane die sterlig in die arms versper, en ander vanweë die teenwoordigheid van helder sterreswerms in die arm.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
13 | NGC 7448 | |
14 | NGC 7314 | |
15 | NGC 7393 | |
16 | M66 | |
17 | UGC 3972 | |
18 | NGC 4088 | |
Stelsels met drie arms
Die meeste spiraalsterrestelsels het twee duidelik gedefinieerde arms, of die arms is net dynserige filamente. Stelsels met drie goed gedefinieerde arms is skaars.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
19 | NGC 145 | |
20 | UGC 3014 | |
21 | Arp 21 | |
Stelsels met een arm
Stelsels met net een spiraalarm is ook skaars. In sommige gevalle kan die arm gevorm word vanweë ’n swaartekrag-interaksie met ’n ander stelsel.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
22 | NGC 4027 | |
23 | NGC 4618 | In ’n wisselwerking met NGC 4625[3] |
24 | NGC 3445 | |
Stelsels met een swaar arm
Die spiraalarms in sulke stelsels is asimmetries. Dit kan lyk of die een arm heelwat helderder is as die ander een. In die fotografiese plate wat Arp gemaak het, lyk die helder arm donker en "swaar". Terwyl die meeste stelsels (soos die Vuurwiel-sterrestelsel (M101) en NGC 6946 bloot asimmetriese spiraalsterrestelsels is, is NGC 6365 twee interaktiewe stelsels met die een stelsel wat van die kant af gesien word en presies lê waar die spiraalarm van die ander stelsel, wat van voor af gesien word, behoort te lê.[2]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
25 | NGC 2276 | |
26 | M101 | Spiraalstelsel met vyf metgeselle[3] |
27 | NGC 3631 | |
28 | NGC 7678 | |
29 | NGC 6946 | |
30 | NGC 6365 | Interaktiewe stelsels, met die een wat van die kant af gesien word[4] |
Integraalteken-stelsels
Dié stelsels het ’n uitgestrekte S-vorm, of soos die integraalteken in wiskunde ( ∫ ). Sommige voorwerpe, soos IC 167,[2] is bloot gewone spiraalstelsels wat uit ’n ongewone hoek gesien word. Ander voorwerpe, soos UGC 10770, is interaktiewe stelsels met getysterte wat soos spiraalarms lyk.[2]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
31 | IC 167 | |
32 | UGC 10770 | |
33 | UGC 8613 | |
34 | NGC 4615 | |
35 | UGC 212 | |
36 | UGC 8548 | |
Stelsels met dowwe metgeselle
Baie van dié stelsels is waarskynlik spiraalstelsels in ’n wisselwerking met ’n dowwe metgesel wat voor hom lê. Dit is egter soms moeilik om te bepaal of die metgesel fisiek naby die spiraalstelsel is en of die metgesel ’n bron op die voorgrond/agtergrond of ’n bron aan die kant van die spiraalstelsel is.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
37 | M77 | |
38 | NGC 6412 | |
39 | NGC 1347 | |
40 | IC 4271 | |
41 | NGC 1232 | |
42 | NGC 5829 | |
43 | IC 607 | |
44 | IC 609 | |
45 | Arp 45 | Driedubbele stelsel[2] |
46 | UGC 12665 | |
47 | Arp 47 | |
48 | Arp 48 | |
Spiraalstelsels met klein, helder metgeselle
Weer eens kan die stelsels óf interaktiewe stelsels wees óf die metgesel is ’n voorgrond/agtergrond-bron of selfs helder sterreswerms in die onderskeie stelsels.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
49 | NGC 5665 | |
50 | IC 1520 | |
51 | Arp 51 | |
52 | Arp 52 | |
53 | NGC 3290 | |
54 | Arp 54 | |
55 | UGC 4881 | |
56 | UGC 1432 | |
57 | Arp 57 | |
58 | UGC 4457 | |
59 | NGC 341 | |
60 | Arp 60 | |
61 | UGC 3104 | |
62 | UGC 6865 | |
63 | NGC 2944 | |
64 | UGC 9503 | |
65 | NGC 90 | |
66 | UGC 10396 | |
67 | UGC 892 | |
68 | NGC 7757 | |
69 | NGC 5579 | |
70 | UGC 934 | |
71 | NGC 6045 | |
72 | NGC 5994, NGC 5996 | |
73 | IC 1222 | |
74 | Arp 74 | |
75 | NGC 702 | |
76 | M90 | |
77 | NGC 1097 | |
78 | NGC 772 | |
Spiraalstelsels met groot, helder metgeselle
Stelsels in dié kategorie is feitlik altyd duidelik interaktiewe stelsels. Die bekendste een is die Draaikolk-sterrestelsel (M51; Arp 85), wat bestaan uit ’n spiraalstelsel NGC 5194 wat in ’n wisselwerking is met ’n kleiner, elliptiese stelsel NGC 5195. Die interaksie het albei stelsels se vorm verwring; die spiraalarm-patroon in die groter spiraalstelsel is versterk en ’n brug van sterre en gas het gevorm tussen die twee stelsels. Baie ander interaktiewe stelsels word deur sulke brûe verbind.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
79 | NGC 5490C | |
80 | NGC 2633 | |
81 | NGC 6621, UGC 11175, NGC 6622 | |
82 | NGC 2535, NGC 2536 | |
83 | NGC 2799, NGC 3800 | |
84 | NGC 5394, NGC 5395 | |
85 | Die Draaikolk-sterrestelsel (M51) | |
86 | NGC 7752, NGC 7753 | |
87 | NGC 3808A, NGC 3808B | |
88 | Arp 88 | |
89 | NGC 2648 | |
90 | NGC 5929, NGC 5930 | |
91 | NGC 5953, NGC 5954 | |
Spiraalstelsels met elliptiese metgeselle
Nes in die vorige kategorie, is dié stelsels meestal interaktief. Getysterte en brûe is in baie van hulle te sien.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
92 | NGC 7603 | |
93 | NGC 7284, NGC 7285 | |
94 | NGC 3226, NGC 3227 | |
95 | IC 4461, IC 4462 | |
96 | Arp 96 | |
97 | UGC 7085A | |
98 | Arp 98 | |
99 | NGC 7547, NGC 7549, NGC 7550 | Driedubbele stelsel[2] |
100 | IC 18, IC 19 | |
101 | UGC 10164, UGC 10169 | |
Elliptiese stelsels verbind met spiraalstelsels
Hierdie voorwerpe is soortgelyk aan die spiraalstelsels met elliptiese metgeselle. Al dié stelsels het kenmerke soos getysterte en brûe wat deur ’n swaartekrag-interaksie veroorsaak word.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
102 | Arp 102 | |
103 | UGC 10586 | Driedubbele stelsel[2] |
104 | NGC 5216, NGC 5218 | |
105 | NGC 3561 | |
106 | NGC 4211 | |
107 | UGC 5984 | |
108 | Arp 108 | |
Elliptiese stelsels wat spiraalarms wegstoot
Uit die naam lyk dit of Arp oorspronklik gedink het die elliptiese stelsels stoot spiraalarms in metgeselle weg. Die spiraalarms kan egter verwronge lyk vanweë die wisselwerking. Van dié "weggestote" spiraalarms is aan die teenoorgestelde kant van die spiraalstelsel as die elliptiese stelsel. Simulasies het bewys sulke eienskappe word net deur swaartekrag-interaksie veroorsaak; daar is geen wegstotende kragte by betrokke nie.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
109 | UGC 10053 | |
110 | Arp 110 | |
111 | Arp 111 | Sterrestelselgroep[2] |
112 | NGC 7805, NGC 7806 | |
Elliptiese stelsels na aan spiraalstelsels wat hulle versteur
Die meeste stelsels in dié kategorie is weer eens interaktief. Die spiraalstelsels lyk versteur.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
113 | NGC 70 | Deel van ’n groep stelsels[2] |
114 | NGC 2276, NGC 2300 | |
115 | UGC 6678 | Driedubbele stelsel[2] |
116 | Messier 60, NGC 4647 | |
117 | IC 982, IC 983 | |
118 | NGC 1141, NGC 1142 | |
119 | Arp 119 | |
120 | NGC 4435, NGC 4438 | |
121 | Arp 121 | |
122 | NGC 6040 | |
123 | NGC 1888, NGC 1889 | |
124 | NGC 6361 | |
125 | UGC 10491 | |
126 | UGC 1449 | |
127 | NGC 191 | Interaktiewe S0- en spiraalsterrestelsel[5] |
128 | UGC 827 | |
129 | UGC 5146 | |
130 | IC 5378 | |
131 | Arp 131 | |
132 | Arp 132 | |
Stelsels met nabygeleë fragmente
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
133 | NGC541 | |
134 | Messier 49 | |
135 | NGC 1023 | |
136 | NGC 5820 | |
Materiaal wat uit elliptiese stelsels uitvloei
Arp het gedink die elliptiese stelsels in dié kategorie stoot materiaal weg vanaf hul kerns. Op baie foto's lyk dit so, maar dit word deur ’n verskeidenheid verskynsels veroorsaak. NGC 2914 (Arp 137) is byvoorbeeld bloot ’n spiraalstelsel met dowwe spiraalarms,[2] en NGC 4015 (Arp 138) is twee interaktiewe stelsels met die een wat van die kant af gesien word.[2] Sommige voorwerpe, soos NGC 2444 en NGC 2445 (Arp 143), is stelsels met "ringsterrestelsels" – dit kom voor wanneer die een stelsel (die elliptiese stelsel in hierdie voorbeelde) deur die skyf van die ander een beweeg. Dit veroorsaak ’n swaartekraggolf waarin gas eers na binne val en dan na buite versprei om die ringstruktuur te vorm.[6]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
137 | NGC 2914 | Spiraalstelsel met dowwe arms[8] |
138 | NGC 4015 | Interaktiewe sterrestelsels[9] |
139 | Arp 139 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
140 | NGC 274, NGC 275 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
141 | UGC 3730 | Ringstelsel[2] |
142 | NGC 2936, NGC 2937, UGC 5130 | Driedubbele stelsel[2] |
143 | NGC 2444, NGC 2445 | Ringstelsel[2] |
144 | NGC 7828, NGC 7829 | Ringstelsel[2] |
145 | UGC 1840 | Ringstelsel[2] |
Vormlose stelsels
Arp definieer hierdie stelsels as nóg spiraal- nóg elliptiese stelsels. Hoewel hy nie die term "vormloos" gebruik nie, is dit die beste beskrywing daarvoor.
Baie van die stelsels is óf interaktiewe stelsels óf oorblyfsels van twee kleiner stelsels wat saamgesmelt het. Verskeie eienskappe soos getysterte en brûe sal vorm wat voortbestaan lank ná die samesmelting.
Stelsels met geassosieerde ringe
Soos reeds genoem, kan dié ringstelsels gevorm word wanneer een metgesel deur die ander beweeg. Die golfeffek veroorsaak dat die gas eers na binne val en dan na buite versprei om die ringstruktuur te vorm.[6]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
146 | Arp 146 | |
147 | IC 298 | |
148 | Arp 148 | |
Stelsels met strome
Hierdie stelsels lyk of hulle materiaal uitwerp vanaf hul kern. In die geval van IC 803 (Arp 149) en NGC 7609 (Arp 150), is die strome bloot deel van die vormlose struktuur wat veroorsaak word deur die interaktiewe stelsels. In Arp 151 en Messier 87 (Arp 152) se geval is die strome geïoniseerde gas wat uitgewerp word vanuit die omgewing om supermassiewe swartkolke in die stelsels se aktiewe sterrestelselkern.[2][2]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
149 | IC 803 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
150 | NGC 7609 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
151 | Arp 151 | Seyfert-sterrestelsel (bevat ’n aktiewe sterrestelselkern)[10] |
152 | Messier 87 | Seyfert-sterrestelsel[11] |
Verwronge stelsels met interne absorpsie
Stelsels in hierdie kategorie het donker stofbane wat ’n deel van die stelsel se skyf verberg. Al dié stelsels is produkte van twee samesmeltende stelsels. NGC 520 (Arp 157) is een van die beste voorbeelde van die middelfase van ’n samesmelting, waar die twee stelsels se skywe saamgesmelt het, maar die kerns nog nie. Centaurus A (Arp 153) en NGC 1316 (Arp 154) is albei effektief elliptiese stelsels met ongewone stofbane; hul strukture dui daarop dat hulle onlangs ’n samesmelting ondergaan het. NGC 4747 (Arp 159) is dalk niks anders as ’n spiraalstelsel met beduidende stofbane wat van die kant af gesien word nie.[2]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
153 | Centaurus A | Radiosterrestelsel; bevat ’n aktiewe kern[2] |
154 | NGC 1316 | Radiosterrestelsel; bevat ’n aktiewe kern[12] |
155 | Arp 155 | |
156 | UGC 5184 | |
157 | NGC 520 | Samesmeltende stelsels |
158 | NGC 523 | |
159 | NGC 4747 | Spiraalstelsel met donker stofbane[13] |
160 | NGC 4194 | |
Stelsels met verspreide filamente
Dié filamente kan getysterte van interaktiewe of saamgesmelte stelsels wees. NGC 3414 (Arp 162) lyk egter of dit bloot ’n ongewone S0-stelsel is met ’n relatief klein skyf in vergelyking met sy galaktiese bol.[3] NGC 4670 (Arp 163) is ’n blou kompakte dwergstelsel met buitengewone stervorming;[2] dit is te klein om twee stelsels te wees wat saamgesmelt het soos die ander in dié kategorie, hoewel dit in ’n baie kleiner wisselwerking betrokke kon gewees het.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
161 | UGC 6665 | |
162 | NGC 3414 | S0-stelsel[3] |
163 | NGC 4670 | Blou kompakte dwergstelsel[14] |
164 | NGC 455 | |
165 | NGC 2418 | |
166 | NGC 750, NGC 751 | |
Stelsels met verspreide kontra-sterte
Al dié voorwerpe is betrokke in swaartekrag-interaksies. Dié sterte is gety-eienskappe. Messier 32 (Arp 168), ’n dwergstelsel wat in ’n wisselwerking met die Andromeda-sterrestelsel is,[3] is in dié kategorie (hoewel die stert baie moeilik is om te sien op Arp se foto).
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
167 | NGC 2672, NGC 2673 | |
168 | Messier 32 | Dwergstelsel in wisselwerking met Andromeda-sterrestelsel[3] |
169 | NGC 7236, NGC 7237, NGC 7237C | Driedubbele stelsel[2] |
170 | NGC 7578 | |
171 | NGC 5718, IC 1042 | |
172 | IC 1178, IC 1181 | |
Stelsels met smal kontra-sterte
Dit word weer eens deur swaartekrag-interaksies veroorsaak. Dié sterte is smaller en beter gedefinieer as in die vorige kategorie.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
173 | UGC 9561 | |
174 | NGC 3068 | |
175 | IC 3481, IC 3481A, IC 3483 | Driedubbele stelsel[2] |
176 | NGC 4933 | Driedubbele stelsel[2] |
177 | Arp 177 | |
178 | NGC 5613, NGC 5614, NGC 5615 | Driedubbele stelsel[2] |
Stelsels met smal filamente
Hierdie kategorie bevat ’n verskeidenheid verskillende voorwerpe. Nes die stelsels met verspreide filamente of kontra-sterte, was sommige van hierdie stelsels in wisselwerking betrokke wat die filamente veroorsaak het. Ander voorwerpe is bloot individuele spiraalstelsels met dowwe spiraalarms wat deur Arp as "filamente" beskryf is.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
179 | Arp 179 | |
180 | Arp 180 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
181 | NGC 3212, NGC 3215 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
182 | NGC 7674, NGC 7674A | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
183 | UGC 8560 | Spiraalsterrestelsel[2] |
184 | NGC 1961 | Spiraalsterrestelsel[2] |
185 | NGC 6217 | Spiraalsterrestelsel[2] |
186 | NGC 1614 | Spiraalsterrestelsel wat onlangs ’n wisselwerking ondergaan het[2] |
187 | Arp 187 | |
188 | Paddavis-sterrestelsel | Stelsel in onlangse wisselwerking |
189 | NGC 4651 | Getystrome[15] |
190 | UGC 2320 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
191 | UGC 6175 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
192 | NGC 3303 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
193 | IC 883 | Samesmeltingoorblyfsel |
Stelsels met materiaal wat uit die kern gewerp word
Dit lyk of baie van dié uitwerpsels die gevolg is van swaartekrag-interaksies. In sommige gevalle, soos NGC 5544 en NGC 5545 in Arp 199, is die "uitgeworpe materiaal" duidelik ’n spiraalstelsel wat van die kant af gesien word en toevallig oplyn met ’n ander stelsel se kern.
Feitlik al die stelsels in hierdie kategorie was onlangs in wisselwerkings betrokke. NGC 3712 (Arp 203) is ’n uitsondering; dit is bloot ’n dowwe spiraalstelsel.[2]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
194 | UGC 6945 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
195 | UGC 4653 | Drie interaktiewe sterrestelsels[2] |
196 | Arp 196 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
197 | UGC 6503, IC 701 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
198 | UGC 6073 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
199 | NGC 5544, NGC 5545 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
200 | NGC 1134 | Spiraalstelsel in ’n wisselwerking met ’n dowwe stelsel[2] |
201 | UGC 224 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
202 | NGC 2719, NGC 2719A | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
203 | NGC 3712 | Dowwe spiraalstelsel[16] |
204 | UGC 8454 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
205 | NGC 3448 | Samesmeltingoorblyfsel[2] |
206 | UGC 5983, NGC 3432 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
207 | UGC 5050 | Spiraalstelsel in ’n wisselwerking met ’n dwergstelsel[2] |
208 | Arp 208 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
Stelsels met onreëlmatighede, absorpsie en resolusie
Stelsels in hierdie kategorie het óf onreëlmatige vorms (onreëlmatighede) óf besondere stofbane (absorpsie) óf hulle lyk grinterig (resolusie). Dit is ’n mengsel van interaktiewe stelsels wat deur gety-interaksie verwring word, nabygelë onreëlmatige dwergstelsels en stelsels met ’n buitengewone hoeveelheid gas.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
209 | NGC 6052 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
210 | NGC 1569 | Dwergsterrestelsel[2] |
211 | UGCA 290 | Interaktiewe dwergsterrestelsels[2] |
212 | NGC 7625 | Ongewone spiraalstelsel[2] |
213 | IC 356 | Ongewone spiraalstelsel[2] |
214 | NGC 3718 | Ongewone spiraalstelsel[2] |
Stelsels met aangrensende lusse
Dié aangrensende lusse is nog ’n gevolg van swaartekrag-interaksies. Sommige stelsels het amper klaar saamgesmelt en die "lusse" is bloot oorblyfsels van die wisselwerking. Onder die voorwerpe in hierdie kategorie is Arp 220, een van die bes bestudeerde ultrahelder infrarooi sterrestelsels in die ruimte.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
215 | NGC 2782 | Ongewone spiraalstelsel[3] |
216 | NGC 7679, NGC 7682 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
217 | NGC 3310 | Steruitbarsting;[2] samesmeltingoorblffsel[3] |
218 | Arp 218 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
219 | UGC 2812 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
220 | Arp 220 | Samesmeltingoorblyfsel; ultrahelder infrarooi sterrestelsel |
Stelsels met vormlose spiraalarms
Baie van dié stelsels is oorblyfsels van samesmeltings. Die "vormlose spiraalarms" is gety-afval wat ná die botsings oorgebly het.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
221 | Arp 221 | Drie interaktiewe sterrestelsels[2] |
222 | NGC 7727 | Samesmeltingoorblyfsel[3] |
223 | NGC 7585 | Onlangse samesmelting[3] |
224 | NGC 3921 | Samesmeltingoorblyfsel |
225 | NGC 2655 | Samesmeltingoorblyfsel |
226 | NGC 7252 | Samesmeltingoorblyfsel[3] |
Stelsels met konsentriese ringe
Dit is stelsels met skulpagtige vorms, dikwels vanweë samesmeltings. Soms is dit die buitenste skyf van ’n S0-stelsel. In sommige ingewikkelde gevalle is die ringe ’n S0-stelsel wat in ’n wisselwerking met ’n ander stelsel betrokke is; dit is moeilik om die oorsprong van die ringe vas te stel.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
227 | NGC 470, NGC 474 | Interaktiewe sterrestelsels met een S0-stelsel[2] |
228 | IC 162 | S0-stelsel[2] |
229 | NGC 507, NGC 508 | Interaktiewe sterrestelsels met een S0-stelsel en een elliptiese stelsel[2] |
230 | IC 51 | Ongewone S0-stelsel;[2] moontlike samesmeltingoorblyfsel |
231 | IC 1575 | |
232 | NGC 2911 | Ongewone S0-stelsel[2] |
Stelsels wat lyk of hulle verdeel
Hoewel die beskrywing daarop dui dat die stelsels besig is om te verdeel, is die meeste eintlik besig om saam te smelt. Baie van die voorwerpe het goed gedefinieerde getysterte en brûe wat deur die wisselwerking gevorm word. Die meeste stelsels is in die beginstadium van die samesmeltingsproses, met duidelik aparte kerns en aparte (dog verwronge) skywe. Van die interessantste stelsels in hierdie kategorie is die Antenne-sterrestelsels (NGC 4038 en NGC 4039, Arp 244) en die Muise-sterrestelsels (NGC 4676, Arp 242).
Al die voorwerpe is egter nie interaktiewe stelsels nie. ’n Paar is bloot nabygeleë dwergstelsels met ’n onreëlmatige struktuur.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
233 | UGC 5720 | Dwergstelsel[2] |
234 | NGC 3738 | Dwergstelsel[2] |
235 | NGC 14 | Dwergstelsel[2] |
236 | IC 1623 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
237 | UGC 5044 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
238 | UGC 8335 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
239 | NGC 5278, NGC 5279 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
240 | NGC 5257, NGC 5258 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
241 | UGC 9425 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
242 | Muise-sterrestelsels (NGC 4676) | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
243 | NGC 2623 | Drie interaktiewe sterrestelsels[2] |
244 | Antenne-sterrestelsels (NGC 4038, NGC 4039) | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
245 | NGC 2992, NGC 2993 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
246 | NGC 7837, NGC 7838 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
247 | UGC 4383 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
248 | Arp 248 | Drie interaktiewe sterrestelsels[2] |
249 | UGC 12891 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
250 | Arp 250 | |
251 | Arp 251 | Drie interaktiewe sterrestelsels[2] |
252 | Arp 252 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
253 | UGCA 173, UGCA 174 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
254 | NGC 5917 | Ongewone spiraalstelsel[2] |
255 | UGC 5304 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
256 | Arp 256 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
Stelsels met onreëlmatige klonte
Hierdie voorwerpe lyk of hulle ’n reeks onreëlmatige klonte sonder ’n sinvolle struktuur het. Baie van dié voorwerpe is bloot nabygeleë dwergstelsels. Ander is interaktiewe stelsels en nog ander is klein sterrestelselgroepe. In albei laasgenoemde gevalle is die komponente onreëlmatige sterrestelsels. Die superponering van twee of meer sulke onreëlmatige stelsels kan maklik lyk soos ’n enkele, groter onreëlmatige stelsel – dit is hoekom die Atlas of Peculiar Galaxies (en ander katalogusse) dikwels sulke pare en groepe stelsels as ’n enkele voorwerp lys.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
257 | UGC 4836 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
258 | UGC 2140 | Sterrestelselgroep[2] |
259 | NGC 1741 | Sterrestelselgroep[2] |
260 | UGC 7230 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
261 | Arp 261 | Sterrestelselgroep[2] |
262 | Arp 262 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
263 | NGC 3239 | Dwergstelsel[2] |
264 | NGC 3104 | Dwergstelsel[2] |
265 | IC 3862 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
266 | NGC 4861 | Dwergstelsel[2] |
267 | UGC 5746 | Dwergstelsel[2] |
268 | Holmberg II | Dwergstelsel[2] |
Dubbele en meervoudige stelsels
Arp het oorspronklik na hierdie stelsels verwys as "dubbele sterrestelsels", maar baie van hulle bestaan uit meer as twee stelsels. Sommige voorwerpe is interaktiewe stelsels, terwyl ander eintlik groepe sterrestelsels is. Die verskil is dat interaktiewe stelsels verwring sal wees, terwyl groepe stelsels swaartekraggebonde is maar nie noodwendig naby genoeg aan mekaar om ’n invloed op mekaar se struktuur te hê nie.
Stelsels met arms verbind
Al hierdie voorwerpe is twee interaktiewe stelsels, behalwe NGC 5679 (Arp 274), wat drie interaktiewe stelsels kan wees.[2] Die "arms" hier is brûe wat vroeg in die samesmeltingsproses tussen die stelsels vorm.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
269 | NGC 4485, NGC 4490 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
270 | NGC 3395, NGC 3396 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
271 | NGC 5426, NGC 5427 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
272 | NGC 6050, IC 1179 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
273 | UGC 1810, UGC 1813 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
274 | NGC 5679 | Drie interaktiewe sterrestelsels[17] |
Interaktiewe stelsels
Anders as die voorwerpe in die "vormlose stelsels"-kategorie, kan hierdie stelsels nog van mekaar onderskei word.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
275 | NGC 2881 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
276 | NGC 935, IC 1801 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
277 | NGC 4809, NGC 4810 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
278 | NGC 7253 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
279 | NGC 1253, NGC 1253A | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
280 | NGC 3769, NGC 3769A | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
Stelsels wat mekaar aantrek
Hierdie kategorie bevat ’n vreemde verskeidenheid voorwerpe. Twee is stelsels wat van die kant af gesien word met kleiner, nabygeleë metgeselle. Nog twee word deur getybrûe verbind. Die laaste twee is dalk bloot oor ’n verre afstand in ’n wisselwerking betrokke.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
281 | NGC 4627, NGC 4631 | Spiraalstelsel en elliptiese dwergstelsel[2] |
282 | NGC 169, NGC 169A | Spiraalstelsel met kleiner metgesel[2] |
283 | NGC 2798, NGC 2799 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
284 | NGC 7714, NGC 7715 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
285 | NGC 2854, NGC 2856 | Sterrestelselpaar[2] |
286 | NGC 5560, NGC 5566, NGC 5569 | Drie interaktiewe sterrestelsels[3][18] |
Stelsels met windeffekte
Hoewel hierdie voorwerpe in die "dubbele sterrestelsels"-kategorie voorkom, is baie van hulle individuele stelsels. Die "windeffekte" verwys na die voorkoms, nie die werklike waarneming van hoësnelheidsgas (soos in M82) nie. In sommige gevalle is die voorkoms vanweë ’n wisselwerking. In ander gevalle, spesifiek NGC 3981 (Arp 289), kan die dowwe, verspreide emissie verband hou met die innerlike aard van die stelsel self en nie met ’n wisselwerking met ’n ander stelsel nie.[3]
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
287 | NGC 2735, NGC 2735A | Sterrestelselpaar[2] |
288 | NGC 5221, NGC 5222 | Driedubbele stelsel[2] |
289 | NGC 3981 | Ongewone spiraalstelsel[3][2] |
290 | IC 195, IC 196 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
291 | UGC 5832 | Onreëlmatige sterrestelsel[2] |
292 | IC 575 | Ongewone spiraalstelsel[2] |
293 | NGC 6285, NGC 6286 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
Dubbele of meervoudige stelsels met lang filamente
Die "lang filamente" is waarskynlik getysterte of brûe vanweë ’n swaartekrag-interaksie.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
294 | NGC 3786, NGC 3788 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
295 | Arp 295 | Interaktiewe sterrestelsels[2] |
296 | Arp 296 | |
297 | Arp 297 | Interaktiewe stelsels in ’n sterrestelselgroep[2] |
Ongeklassifiseerde voorwerpe
Arp het nie die voorwerpe 298-310 in sy atlas geklassifiseer nie. Hulle is meestal interaktiewe stelsels.
Arp-nommer | Naam | Notas |
---|---|---|
298 | NGC 7469, IC 5283 | Sterrestelselpaar[2] |
299 | Arp 299 | Driedubbele sterrestelsels[2] |
300 | Arp 300 | Sterrestelselgroep[2] |
301 | UGC 6204, UGC 6207 | Sterrestelselpaar[2] |
302 | UGC 9618 | Sterrestelselpaar[2] |
303 | IC 563, IC 564 | Sterrestelselpaar[2] |
304 | NGC 1241, NGC 1242 | Sterrestelselpaar[2] |
305 | NGC 4016, NGC 4017 | Sterrestelselpaar[2] |
306 | Arp 306 | Sterrestelselgroep met twee sterrestelselpare[2] |
307 | NGC 2872, NGC 2874 | Sterrestelselpaar[2] |
308 | NGC 545, NGC 547 | Sterrestelselpaar[2] |
309 | NGC 942, NGC 943 | Sterrestelselpaar[2] |
310 | IC 1259 | Sterrestelselpaar[2] |
Groepe stelsels
Arp-nommer | Naam | Beskrywing |
---|---|---|
311 | IC 1258 en metgeselle | |
312 | MCG +08-31-004 | |
313 | NGC 3994 + NGC 3995 | |
314 | MCG -03-58-009 + MCG -03-58-010 + MCG -03-58-011 | |
315 | NGC 2830 + NGC 2831 + NGC 2832 | |
316 | NGC 3193 | |
317 | Leo-drietal | |
318 | NGC 833 en metgeselle | |
319 | Stephan se Kwintet | |
320 | Copeland se Septet | |
321 | Hickson 40 A-E | |
Kettings stelsels
Arp-nommer | Naam | Beskrywing |
---|---|---|
322 | UGC 6527 | |
323 | Hickson 98 A-D | |
324 | UGC 10143 | |
325 | ESO601-G018A+B and MCG -04-52-014 | |
326 | UGC 8610 | |
327 | NGC 1875; Hickson 34 A-D | |
328 | UGC 9532; Hickson 72 | |
329 | UGC 6514 | |
330 | I Zw 167; MCG +09-27-094 | |
331 | NGC 379 en metgeselle (Pisces-wolk) | |
332 | NGC 1228 | |
Verskeidenheid
Arp-nommer | Naam | Beskrywing |
---|---|---|
333 | NGC 1024 | |
334 | UGC 8498 | |
335 | NGC 3509 | |
336 | NGC 2685 | |
337 | Messier 82 | |
338 | PGC 3094767 | |
Helderste Arp-stelsels vir amateursterrekundiges
Maynard Pittendreigh, ’n amateursterrekundige en soms skrywer, het ’n lys van die helderste Arp-voorwerpe saamgestel wat die maklikste deur amateurs bestudeer kan word. Die stelsels kan visueel waargeneem word en geen spesiale fotografiese instrumente is daarvoor nodig nie. Hulle sluit in:
- Arp 26, ook bekend as M101
- Arp 37, ook bekend as M77
- Arp 76, ook bekend as M90
- Arp 77
- Arp 85, ook bekend as M51
- Arp 116, ook bekend as M60
- Arp 120
- Arp 152, ook bekend as M87
- Arp 153
- Arp 168, ook bekend as M32
- Arp 244
- Arp 269
- Arp 270
- Arp 271
- Arp 281
- Arp 286
- Arp 317, ook bekend as M65
- Arp 313
- Arp 337, ook bekend as M82
Sien ook
- Messier-katalogus (M)
- New General Catalogue (NGC)
- Sterrekundeportaal
Verdere leesstof
- J. Kanipe, D. Webb The Arp Atlas of Peculiar Galaxies, A Chronicle and Observer's Guide, Willmann-Bell Inc. (2006) ISBN 978-0-943396-76-7
Notas
- Arp, Halton (1966). ATLAS OF PECULIAR GALAXIES. Pasadena, California: California Institute of Technology. Besoek op 5 Januarie 2010.
- "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 2857 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2011. Besoek op 16 Julie 2006.
- A. Sandage, J. Bedke (1994). Carnegie Atlas of Galaxies. Washington, D.C.: Carnegie Institution of Washington. ISBN 0-87279-667-1.
- R. Lynds, A. Toomre (1976). "On the interpretation of ring galaxies : the binary ring system II Hz4". Astrophysical Journal. 209: 328–388. Bibcode:1976ApJ...209..382L. doi:10.1086/154730.
- "Hubble spots galaxies in close encounter". ESA/Hubble Press Release (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020. Besoek op 29 Junie 2013.
- "NGC 4651: The Umbrella Galaxy". Astronomy Picture of the Day (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 15 April 2010.
- Arp 286: Trio in Virgo, Astronomy Picture of the Day
Verwysings
- Atlas of Peculiar Galaxies met vergunning van die NASA/IPAC Ekstragalaktiese Databasis. URL besoek op 2006-07-03, 2006-07-12, 2006-07-14, 2006-07-16, 2006-07-17, 2006-07-18, 2006-07-19, 2006-07-20, 2006-07-24, 2006-07-25, 2006-07-26, 2006-07-27, 2006-07-31, 2006-08-02, 2006-08-08, 2006-08-10, 2006-08-13.
- NASA/IPAC Extragalactic Database Algemene inligting oor individuele Arp-voorwerpe. URL besoek op 2006-07-03, 2006-07-12, 2006-07-14, 2006-07-16, 2006-07-17, 2006-07-18, 2006-07-19, 2006-07-20, 2006-07-24, 2006-07-25, 2006-07-26, 2006-07-27, 2006-07-31, 2006-08-02, 2006-08-08, 2006-08-10, 2006-08-13.
Eksterne skakels
- Amateur-waarnemings van die sterrestelsels
- Earthlings – Sterrekundewebtuiste, Paul en Liz Downing Geargiveer 27 Augustus 2009 op Wayback Machine
- Grasslands-sterrewag: Arp-sterrestelsels
- Dick Miller se foto's van al 338 Arps
- Inligting oor die waarneming van Arps
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Atlas of Peculiar Galaxies.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia