Atlas Impala

Die Atlas Impala is 'n Suid-Afrikaanse weergawe van die Aermacchi MB-326, 'n ligte militêre straalvliegtuig wat in Italië ontwerp is. Dit was onder lisensie van Aermacchi deur Atlas Vliegtuigkorporasie in Kemptonpark, Suid-Afrika gebou.

Atlas Impala van die Suid-Afrikaanse Lugmag

Suid-Afrika het in 1964 'n lisensie verkry om die MB-326M (soortgelyk aan die "G" model) as die Impala Mk. I te produseer, bouwerk is in 1966 begin.[1] 40 Italiaans-geboude vliegtuie is gevolg deur ongeveer 125 stralers plaaslik gebou deur die Atlas Vliegtuigkorporasie.[2] Sewe eksemplare van die MB-326K is aangekoop as ligte aanvalsvliegtuie, met 'n verdere 15 saamgestel uit boustelle,[3] terwyl ongeveer 78 onder lisensie geproduseer is, en bekend staan as die Impala Mk II.[4] Lisensieproduksie van die enkelsitplekweergawe het in 1974 begin.[1] Die Impala Mk II was plaaslik vervaardig en toegerus met Franse wapentuig asook 'n gevorderde Suid-Afrikaanse ECM-suite.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vegter in diens gestel tydens veldtogte teen die Gewapende Magte vir die Bevryding van Angola (FAPLA) en Kubaanse ekspedisietroepe in Angola tussen 1975 en 1989. Suid-Afrikaanse vlieëniers het die Impala's gewoonlik teen 550-650 km/h op 'n hoogte van slegs 15 meter gevlieg om Angolese lugverdediging te ontduik. Oor die verloop van die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, is slegs één afgeskiet deur 'n SA-7 missiel; en nog een het teruggekeer basis toe met 'n onontplofde vuurpyl in sy uitlaat. [5]

Sien ook

Verwysings

  1. Potgieter, Herman en Steenkamp, Willem. Aircraft of the South African Air Force. Londen: Jane's, 1981, 1ste uitgawe 1980. ISBN 0-86977-133-7.
  2. The Illustrated Encyclopedia of Aircraft, Uitgawe 1, 1981, p. 20.
  3. The Illustrated Encyclopedia of Aircraft, Uitgawe 2, 1981, p. 34.
  4. Jannetti, 1987
  5. War machines 1985, p. 2119.


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.