Atlas Cheetah

Die Atlas Cheetah is 'n Suid-Afrikaanse vegvliegtuig wat ontwikkel is vir die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM)[1] en tans nog deur die Ecuadorse Lugmag en Chileense Lugmag gebruik word.[2] Dit was die eerstes wat gebou is as 'n groot opgradering van die Dassault Mirage III deur die Atlas Vliegtuigkorporasie (later Denel Aviation) van Suid-Afrika (gestig in 1965) en is gebaseer op die Israeliese Kfir vegter. Drie verskillende weergawes is geskep: 16 tweesitplek Cheetah D, 16 enkelsitplek Cheetah E en 38 enkelsitplek Cheetah C. Die Cheetah E is in 1992 onttrek en uit diens gestel en die Cheetah C en D in April 2008, hulle is almal in Suid-Afrika vervang deur die Saab JAS 39 Gripen. 'n Beperkte aantal word nog in Suid-Afrika bedryf as toetsvliegtuie vir Denel by die Overberg toetsbaan.

Atlas Cheetah
'n Atlas Cheetah in vlug.
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Atlas Aviation
Bekendstelling 1986
Status In gebruik
Hoofgebruiker Suid-Afrikaanse Lugmag (histories)
Chileense Lugmag
Ecuadorse Lugmag
Vorige gebruikers Suid-Afrikaanse Lugmag
Aantal gebou C: 38
D: 16
E: 16
Ontwikkel van Dassault Mirage III

Sien ook

Verwysings

  1. Geldenhuys, Deon (1990). Isolated States: A Comparative Analysis. Cambridge: Cambridge University Press. p. 510. ISBN 978-0521283267.
  2. "Ex-South African Air Force Cheetah fighter jets arriving in Ecuador." Geargiveer 2 April 2012 op Wayback Machine AmericasForum.com, 20 April 2011.

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.