Ataman
Ataman (Russies: атаман; Oekraïns: отаман) was die titel van ’n aanvoerder van veral die Russiese Kosakke. In sekere periodes van die geskiedenis is die woord hetman ook gebruik, veral vir Oekraïnse Kosakke.
Die woord ataman of hetman kom moontlik van die Duitse woord hauptman of meer waarskynlik van ’n Turkse woord wat beteken "vader van die ruiters".[1][2]
Verwysings
- "The Cossacks: a super-ethnos in Russia's ribs", The Economist, 21 Desember 1996
- http://www.cossackweb.narod.ru/cossacks/ataman.htm
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.