At Botha
At Botha (gebore 23 Desember 1949) is 'n Suid-Afrikaanse akteur en skilder. Hy is veral bekend vir sy rolle in die Afrikaanse TV-dramas soos Vyfster (1984) en Dryfsand (2006).[1]
At Botha | |
Geboorte | 23 Desember 1949 Kroonstad |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, skilder |
Rolprente | Stander |
Webwerf | www |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hy was met die aktrise Annalise Bosch getroud. Hulle seun, Pieter Bosch-Botha, was ook 'n akteur, regisseur en vervaardiger.
Lewe
Botha is op Kroonstad in die Vrystaat gebore as die seun van ’n onderwyser en het as kind op verskeie dorpe gewoon.[2] Hy het aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria gematrikuleer en sy dramastudie aan die Potchefstroomse Universiteit voltooi. Hy was ’n akteur by Sukovs en Truk, waar hy in opvoerings van Die Drie Susters, Twaalfde Nag en Charley se Tante opgetree het. Hy het geleidelik vir sy rolprent- en TV-werk bekend geraak, insluitende die rolprent Stander en die TV-dramareekse Vyfster (1984), Egoli, Dryfsand (2007) en Erfsondes (2008).
Hy skilder die grootste deel van sy lewe, hoewel hy geen formele opleiding gehad het nie. Hy het in latere jare sukses begin behaal met onder meer landskappe, oes- en seetonele.
Filmografie
- Blink Stefaans, 1981
- Bosveldhotel, die moevie, 1982 as Dr. Wynand Nel
- Grensbasis 13, 1979
- Vyfster (TV-reeks), 1984
- Hostage, 1987 as Raoul
- Wild Zone, 1989 as Kubaanse Luitenant
- Stander, 2003 as Generaal Viljoen
- Dryfsand (TV-reeks), 2006 as Heinrich Bessermann
Verwysings
- Profiel op TVSA, besoek op 4 November 2012
- At Botha by ESAT