Asterix
Asterix (Frans: Astérix) is die hoofkarakter in 'n Franse strokiesprent wat in die Antieke Mediterreense wêreld afspeel. Hy is 'n kort, koddige Galliese soldaat met 'n groot geel snor. Saam met sy groot vriend Obelix sê hy telkens die Romeine[1] die stryd aan.
Asterix | |
Asterix en Obelix op 'n muur in Hagen (Duitsland) | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | Asterix die Galliër (1959) |
Geskep deur | René Goscinny Albert Uderzo |
Inligting | |
Ander name | Astérix (Gaul) |
Spesie | Mens |
Geslag | Manlik |
Nasionaliteit | Gallië |
Met die publikasie van die eerste uitgawe van die Franse tydskrif Pilote op 29 Oktober 1959 sien Asterix en sy vriende die lig. Later sou Asterix in boekvorm uitgegee word. Hierdie verhale is deur René Goscinny geskryf en deur Albert Uderzo geïllustreer. Ná die dood van Goscinny in 1977, het Uderzo met die reeks voortgegaan. Sedert 2013 word Asterix deur Jean-Yves Ferri geskryf en deur Didier Conrad geïllustreer. Die laaste vier boeke waaronder Asterix by die Pikte en Asterix en die Verlore Papirusrol, kom uit hulle hand. Dit is die eerste boeke, nie uit die hande van een van die skeppers van Asterix en sy wêreld nie, wat die lig gesien het.
Die 39 hoofboeke (een is 'n samestelling van kortverhale) is in meer as 'n honderd tale en dialekte vertaal. Die tale wissel van Afrikaans tot Wallies en sluit selfs Latyn en antieke Grieks in. Dié verhale is waarskynlik die gewildste Franse strokiesverhale ter wêreld, en baie bekend veral aan die Europeërs. Die sleutel tot die sukses van die boeke is dat daar humor in is vir alle ouderdomme: kinders hou van die visuele aksie, soos vuisgevegte, en volwassenes waardeer weer die intelligensie van die verwysings en woordspelings wat die teks kenmerk.
(Die Afrikaanse name wat in dié artikel gebruik word, is gebaseer op die vertaalwerk van Sonya van Schalkwyk-Barrois vir die uitgewer Protea. E.P. du Plessis en Ludwig Visser se vertalings vir die uitgewer Human en Rousseau volg in hakies).
Verskeie boeke is in films verwerk, waarvan sommige animasierolprente was en ander werklike akteurs gebruik het.
Hoofkarakter en agtergrond
Asterix is 'n klein mannetjie, vreesloos en slim, altyd reg vir 'n nuwe avontuur. Hy woon in 'n fiktiewe dorpie in noordwes-Armorika, ('n gebied van Gallië wat rofweg met die huidige Bretagne) ooreenstem. Dit is die jaar 50 v.C.. Die dorpie is die enigste deel van Gallië wat nog nie deur Julius Caesar en sy Romeinse legioene verower is nie. Die inwoners van die dorpie kry bomenslike krag wanneer hulle 'n towerdrankie drink. Dié drankie word gemaak deur die plaaslike druïde Kasterolix (in vroeëre vertalings Abracadabrix). Die dorpie word omring deur die oseaan aan die een kant, en vier ongelukkige Romeinse garnisoene (Aquarium, Skinkirum, Hiersitwarum en Casarum) aan die anderkant. Hulle doen hulle uiterse bes om 'n ogie te hou oor die Galliërs te hou.
Buiten dat Asterix 'n geswore oujongkêrel is, is hy ook een van die slimstes (en mees geestesgesondes) in die dorpie. Om dié rede word hy dikwels gekies om gevaarlike, belangrike en eksotiese sendings aan te pak. Hy is, anders as die res van die dorpenaars, nie iemand wat moeilikheid soek vir die plesier daarvan nie, alhoewel hy nie omgee om te baklei as daar 'n goeie rede is nie. Hy gebruik baie selde iets anders as sy vuiste in 'n geveg. Hy verjaar op dieselfde dag as sy boesemvriend Obelix, 'n fris geboude kêrel wat weer nie omgee om die Romeine met sy vuiste 'n les te leer nie. Boonop het Obelix in die towerdoepa geval toe hy 'n klein seuntjie was. Nodeloos te sê het die drankie hom op 'n blywende manier geaffekteer. Hy is bo-menslik sterk. Asterix se helm, met vlerke wat sy gesigsuitdrukking na-aap, is 'n kenmerkende deel van sy voorkoms, terwyl Obelix se gestreepte verslankende vertikaal gestreepte broek en die menhir wat hy oral ronddra hom kop bo skouers bo die res laat uitstaan.
Obelix en Asterix word dikwels vergesel deur die klein brakkie Witblix (Sonya van Schalkwyk-Barrois) (voorheen bekend as Woefix (E.P. du Plessis) of Brakmatix (Ludwig Visser). Witblix maak sy opwagting die eerste keer in Asterix en die Feesmaaltyd vanwaar hy en Obelix 'n hegte band vorm.
'n Ander belangrike karakter in die Asterix-boeke is Allamapstix (voorheen bekend as Grootkokkedorix) en sy vrou Margarien wat baie glad met die bek is. Allamaptix is die stamhoof van die dorpie waarin die ontembare Galliërs woon. Hy word gewoonlik deur twee magtige krygers op sy skild gedra. Hulle toewyding in die hantering van so 'n gewigtige saak, sorg vir dié soort pret wat Allamaptix die wêreld vanuit 'n ander hoek laat beskou.
Moet ook nie van Liederlix (Kakofonix) met sy liederlike stem vergeet nie! Met sy stem, gee hy vir Drukhominneblix, die dorpie se ystersmid, genoeg rede tot besorgdheid, behalwe wanneer laasgenoemde deur Ansjovix, die vishandelaar, ge-snoek-er word. Dan is daar ook Pensionarix die oudste inwoner in die dorpie en in vele opsigte die mees progressiewe een.
Humor
Die humor van die Asterix-strokiesverhale is tipies Frans: dit sentreer op woordspeling, karikature en satiriese tong-in-die-kies stereotipering. Voorts is daar 'n sterk band met die kultuur van die 20ste eeu. Asterix en Obelix loop oral waarheen hulle reis, mense en voorwerpe teë wat verleen is aan dié tydperk. Só word die Britte uitgebeeld as beleefd en flegmaties, of binne tipiese kulturele verband, byvoorbeeld waar hulle warm water met 'n druppeltjie melk drink (dit was nog voordat tee daardie land getref het).
Voorts verwys die stories ook na belangrike kunswerke (soos byvoorbeeld Pieter Bruegel se Werkerstroue en Théodore Géricault se Die vlot van Medusa), sowel as na historiese persone (soos Napoleon Bonaparte en Koning Louis XIV van Frankryk), en befaamde plekke en standbeelde (soos Betlehem en die Vryheidstandbeeld).
Aan die ander kant weerspieël die reeks die lewe in die eerste eeu voor Christus redelik akkuraat: die woonstelle in Rome word byvoorbeeld as veelvlakkig aangetoon. In Asterix die Gladiator (Protea, 2013) is dit juis hierdie stapelgeboue wat Obelix inspireer om na die Romeine as "stapelgek" te verwys. Die teks maak gereeld gebruik van egte Latynse paradigmas (in "Asterix in Brittanje, hik die dronk Romeine "hic, haec, hoc"), frases (alea jacta est "Die dobbelsteen is gegooi"), en van sinspelings na Oor die Galliese oorlog, 'n boek deur Julius Caesar oor die verowering van Gallië, insluitende grappe oor Caesar se gebruik om na homself in die derde persoon te verwys. Dié werklike boek is vir jare gebruik as 'n bekendstellingswerk aan Latyn.
Woordspelings in name
'n Sleutelkenmerk van die Asterix-boeke is die konstante woordspeling met name. Die name van die twee protagoniste kom van asterisk en obelisk, waar Asterix die ster van die boeke is (Latyn: aster — afgelei van die Griekse woord αστήρ (aster) [ster] en die Keltiese taal: rix [koning], 'n kognaat van die Latynse rex, Sanskritiese raj, Duitse Reich, Engelse rich, ens.), en Obelix (Latyn: obeliscus 'n [gedenknaald]) 'n menhirafleweringsman. Daar is 'n dubble woordspeling ter sprake: 'n asterisk is die tipografiese simbool waarmee die eerste voetnota op 'n bladsy aangewys word (*), en 'n obelisk kan verwys na die tipografiese dolk (†) wat gebruik word om die tweede voetnota op 'n bladsy aan te toon.
Afrikaanse vertalings
- Human en Rousseau
- Asterix die gladiator (Human & Rousseau, 1975)
- Asterix en die Noormanne (Human & Rousseau, 1975)
- Asterix en Cleopatra (Human & Rousseau, 1997)
- Asterix en die Olimpiese Spele (Human & Rousseau, 1997)
- Protea Boekhuis
- Asterix die Galliër (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix en die Goue Sekel (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix en die Gote (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix die Gladiator (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix en die Feesmaaltyd (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix en Cleopatra (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix by die Pikte (Protea Boekhuis, 2013)
- Asterix en die Groot Geveg (Protea Boekhuis, 2014)
- Asterix in Brittannié (Protea Boekhuis, 2014)
- Asterix en die Noormanne (Protea Boekhuis, 2015)
- Asterix en die Speelplek van die gode (Protea Boekhuis, 2015)
- Asterix en die Verlore Papirusrol (Protea Boekhuis, 2015)
- Asterix en die Legioensoldaat (Protea Boekhuis, 2016)
- Asterix en die Hoofman se skild (Protea Boekhuis, 2016)
- Asterix by die Olimpiese Spele (Protea Boekhuis, 2016)
- Asterix en die koperpot (Protea Boekhuis, 2017)
- Asterix in Spanje (Protea Boekhuis, 2017)
- Asterix en die groot moles (Protea Boekhuis, 2017)
- Asterix in Helvesië (Protea Boekhuis, 2017)
- Caesar se lourierkrans (Protea Boekhuis, 2018)
- Asterix en die waarsêer (Protea Boekhuis, 2019)
- Asterix in Korsika (Protea Boekhuis, 2019)
Afrikaanse Uitgawe | Franse Uitgawe | Uitgewer | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Nr. | Titel | Jaar | Nr. | Titel | Jaar | Nr. | Naam |
1 | Asterix die Galliër | 1975, 2013 | 1 | Astérix le Gaulois | 1961 | Human Rosseau,Protea Boekhuis | |
2 | Asterix en die Goue Sekel | 2013 | 2 | La Serpe d’or | 1962 | Protea Boekhuis | |
3 | Asterix en die Gote | 2013 | 3 | Astérix et les Goths | 1963 | Protea Boekhuis | |
4 | Asterix die Gladiator | 2013 | 4 | Astérix gladiateur | 1964 | Protea Boekhuis | |
5 | Asterix en die Feesmaaltyd | 2013 | 5 | Le Tour de Gaule d’Astérix | 1965 | Protea Boekhuis | |
6 | Asterix en Cleopatra | 1997, 2013 | 6 | Astérix et Cléopâtre | 1965 | Human Rosseau, Protea Boekhuis | |
7 | Asterix en die Groot Geveg | 2013 | 7 | Le Combat des Chefs | 1966 | Protea Boekhuis | |
8 | Asterix in Brittannié | 2015 | 8 | Astérix chez les Bretons | 1966 | Protea Boekhuis | |
9 | Asterix en die Noormanne | 1975, 2015 | 9 | Astérix et les Normands | 1966 | Protea Boekhuis | |
10 | Asterix die Legioensoldaat | 2016 | 10 | Astérix légionnaire | 1967 | Protea Boekhuis | |
11 | Asterix die Hoofman se Skild | 2016 | 11 | Le Bouclier Arverne | 1968 | Protea Boekhuis | |
12 | Asterix by die Olimpiese Spele | 1997, 2016 | 12 | Astérix aux Jeux Olympiques | 1968 | Human Rosseau, Protea Boekhuis | |
geen (Asterix en die Koper Ketel | 13 | Astérix et le Chaudron | 1969 | geen | |||
geen (Asterix in Spanje) | 14 | Astérix en Hispanie | 1969 | geen | |||
geen (Stryd om Asterix) | 15 | La Zizanie | 1970 | geen | |||
geen (Asterix by die Switsers) | 16 | Astérix chez les Helvètes | 1970 | geen | |||
Asterix en die Speelplek van die gode | 2015 | 17 | Le Domaine des Dieux | 1971 | |||
geen (Asterix en die Loerierblare van Caesar) | 18 | Les Lauriers de César | 1972 | geen | |||
geen (Asterix en die Siener | 19 | Le Devin | 1972 | ||||
geen (Asterix in Korsika) | 20 | Astérix en Corse | 1973 | ||||
geen (Asterix en die Geskenk van Caesar) | 21 | Le Cadeau de César | 1974 | ||||
geen (Asterix en die groot ) | 22 | La Grande Traversée | 1975 | ||||
geen (Obelix en Kie) | 23 | Obélix et compagnie | 1976 | ||||
geen (Asterix by die Belge) | 24 | Astérix chez les Belges | 1979 | ||||
geen (Asterix en die Groot Sloot) | 25 | Le Grand Fossé | 1980 | geen | |||
geen (Die Odisee van Asterix) | 26 | L’Odyssée d’Astérix | 1981 | geen | |||
geen (Die seun van Asterix) | 27 | Le Fils d’Astérix | 1983 | geen | |||
geen (Asterix in die Ooste) | 28 | Astérix chez Rahàzade | 1987 | geen | |||
Sjabloon:SortKey | geen (Toe Obelix as kind in die towerdrank geval het) | Sjabloon:SortKey | Comment Obélix est tombé dans la marmite du druide quand il était petit | 1989 | |||
geen (Asterix en Maestria) | 29 | La rose et la glaive | 1991 | geen | |||
geen (Asterix op Kruisvaart) | 30 | La galère d’Obélix | 1996 | geen | |||
geen | 2001 | 31 | Astérix et Latraviata | 2001 | geen | ||
geen | 2003 | 32 | Astérix et la rentrée gauloise | 2003 | |||
geen | 2005 | 33 | Le ciel lui tombe sur la tête | 2005 | |||
geen | 2009 | 34 | L’anniversaire d’Astérix et Obélix – Le livre d’or | 2009 | |||
1 | Asterix by die Pikte | 2013 | 35 | Astérix chez les Pictes | 2013 | ||
Asterix en die verlore Papirusrol | 2015 | 36 | Le Papyrus de César | 2015 | |||
geen | 2017 | 37 | Astérix et la Transitalique | 2017 |
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- (fr) Luminais Musée des beaux-arts. Dominique Dussol: Evariste Vital. 2002. p. 32.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Astérix. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |