Asteria

Asteria was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die godin van voorspellings, profetiese drome en astrologie.

Asteria en Foibe op die Pergamon-altaar.

Asteria was volgens Hesiodus die dogter van die Titane Koios en Foibe en die suster van Leto.[1] Volgens hom het sy ’n dogter, Hekate, by Perses gehad. Asteria het in die Egeïese See gespring in die vorm van ’n kwartel om te ontsnap van Zeus se romantiese attensies. Sy het toe in die eiland Asteria verander.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Asteria
  1. Hesiodus, Theogonie, 404ff.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.