Aspersie
Die aspersie (Asparagus officinalis) is 'n lentegroente en 'n meerjarige blommende[1] plantspesie in die genus Asparagus, familie Asparagaceae, wat sy oorsprong aan die oostelike Middellandse See het. Dit was reeds aan die ou Romeine bekend, en word as 'n groente in Europa verbou sedert die vyftiende eeu. Die term verwys ook na sy eetbare lote; die risome waaruit ondergrondse ogies of lote elke jaar spruit, en aanleiding gee tot 'n stingelverlenging van tussen 1 en 1,5 meter.
Aspersie | |
---|---|
'n Gerf gekweekte aspersies | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. officinalis |
Binomiale naam | |
Asparagus officinalis | |
Aspersies in kookkuns
In kookkuns word groen of wit spruite gebruik: die varsheid van die stingels word volgens verskeie kriteria beoordeel: ferm en bros aspersies van dieselfde dikte, met dikker are, goeie eienskappe wat 'n homogene dis lewer.
Tydens aankoop moet aspersies die aangename geur van ryp koringare afgee. Dit moet beide sterk en soepel voel om aan te raak en breek met weerstand tussen die vingers. Die hak moet nie te droog wees nie (wanneer gedruk word, moet die sap wat na vore kom nie bitter wees nie), wat op 'n onlangse oes dui.
Wit aspersies word heeltemal ondergronds gekweek, in die afwesigheid van lig, dit verskaf aan die aspersie 'n delikate geur en fyn tekstuur.
Groen aspersies word in die buitelug verbou, en het hul kleur te danke aan die normale proses van chlorofilsintese wat in sonlig plaasvind. Dit lewer 'n sterk geur en byna soet kiemgedeelte op. Dit is ook die enigste aspersie wat nie afgeskil hoef te word nie.
Voedingswaarde
Aspersie Voedingswaarde per 100 g | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 20 kcal 90 kJ | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
skakel na die USDA-databasis-inskrywing Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
Sien ook
Verwysings
- Grubben, G.J.H.; Denton, O.A., reds. (2004). Plant Resources of Tropical Africa 2. Vegetables. PROTA Foundation, Wageningen; Backhuys, Leiden; CTA, Wageningen.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |