Asparagaceae
Asparagaceae is ’n familie blomplante in die orde Asparagales.[1]
Asparagaceae | |
---|---|
![]() | |
Asparagus officinalis in blom. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Monocotyledoneae |
Orde: | |
Familie: | Asparagaceae Juss.[1] |
In vroeëre klassifikasiestelsels is die betrokke spesies dikwels in die familie Liliaceae geplaas. Die APG II-stelsel van 2003 laat twee opsies toe vir die familie: óf Asparagaceae sensu lato ("in die breër sin") óf Asparagaceae sensu stricto ("in die enger sin"). Die hersiene APG III-stelsel van 2009 laat net die breër sin toe.
’n Geskrif wat in dieselfde tyd gepubliseer is, stel sewe subfamilies voor om ooreen te stem met die oorspronklike aparte families.[2] Hulle is:
- Agavoideae = familie Agavaceae en Hesperocallidaceae
- Aphyllanthoideae = familie Aphyllanthaceae
- Asparagoideae = familie Asparagaceae sensu stricto
- Brodiaeoideae = familie Themidaceae
- Lomandroideae = familie Laxmanniaceae
- Nolinoideae = familie Ruscaceae
- Scilloideae = familie Hyacinthaceae
Verwysings
- Angiosperm Phylogeny Group III (2009), "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III", Botanical Journal of the Linnean Society 161 (2): 105–121, doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x
- Chase, M.W.; Reveal, J.L. & Fay, M.F. (2009), "A subfamilial classification for the expanded asparagalean families Amaryllidaceae, Asparagaceae and Xanthorrhoeaceae", Botanical Journal of the Linnean Society 161 (2): 132–136, doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00999.x
Eksterne skakels
- Asparagaceae Geargiveer 3 Januarie 2007 op Wayback Machine [sensu stricto] in L. Watson en M.J. Dallwitz (vanaf 1992). The families of flowering plants Geargiveer 3 Januarie 2007 op Wayback Machine: beskrywings, illustrasies en inligting. 27 April 2006. by delta-intkey.com
- Liliaceae in Flora of North America
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Asparagaceae.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Asparagaceae
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.