Asimut

Asimut is 'n wiskundige begrip wat as 'n hoek tussen die x-as in die xy-vlak en 'n punt gedefinieer word.[1] Dit word gewoonlik deur die simbool θ voorgestel. Dit het verskeie praktiese toepassings insluitende in navigasie, sterrekunde, kartografie, mynbou en artillerie. Die woord asimut is afgelei van die Middeleeuse Latyn azimut wat weer afkomstig is van die Arabies السمت ('al-sumūt') meervoud van al-samt die weg.[2] Dit staan ook veral in navigasie of sterrekunde as die toppuntshoek bekend.[3]

Diagramtiese voorstelling van die Asimut, θ

Verwysings

  1. WolframMathWorld, Azimuth, besoek op 23 Februarie 2008
  2. Merriam-Webster OnLine, , Besoek op 23 Februarie 2008
  3. HAT, Asimut
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.