Asimptoot
’n Asimptoot van ’n kurwe is in meetkunde ’n lyn wat van so ’n aard is dat die afstand tussen die kurwe en die lyn na nul neig as hulle tot in oneindigheid strek, maar hulle ontmoet nooit. Die woord "asimptoot" is afgelei van die Griekse ἀσύμπτωτος (asumptōtos), wat beteken "val nie saam nie".[1]
Daar is potensieel drie soorte asimptote: horisontaal, vertikaal en skuins.
Een kurwe is die kromlynige asimptoot van ’n ander (in teenstelling met ’n lynvormige asimptoot) as die afstand tussen die twee kurwes na nul neig as hulle tot in oneindigheid strek, maar die woord "asimptoot" op sy eie verwys gewoonlik na ’n lynvormige asimptoot.
Verwysings
- Oxford English Dictionary, tweede uitgawe, 1989.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.