Ash-Shams

Ash-Shams (Arabies: الشمس, "Die Son") is die 91ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 15 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.

الشمس
  Soera 91 van die Koran  
KlassifikasieMekkaans
In ArabiesAsh-Shams
TransliterasieAsj-Sjams
In Afrikaans"Die Son"
Deel30
Ajat15

Opsomming

Die naam van die soera kom uit vers 1. Die hoofstuk begin met 'n eed op verskeie sterrekundige verskynsels, waarvan die eerste die son is, gevolg deur die maan, dag en ander skeppings.

Dit beskryf die lot van Thamoed, 'n voorheen vooruitstrewende Arabiese stam. Die profeet Salieg het hulle gevra om in God se naam 'n sekere kameelkoei, of kamelin, te laat drink.[1] Hulle was egter ongehoorsaam en het die kamelin doodgemaak. God het hulle almal verdelg, buiten dié wat Salieg gevolg het.

Verwysings

  1. Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2

Skakels

Vorige soera:
Al-Fajr
Die Koran Volgende soera:
Al-Layl
Soera Ash-Shams

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.