Asetogenese
Asetogenese is 'n proses waar asetaat deur anaërobiese bakterieë geproduseer word vanuit 'n verskeidenheid energie- en koolstofbronne. Die verskillende bakteriese spesies wat asetogeniese vermoëns het word asetogene genoem.
Chemiese vergelyking
Asetogenese in die anaërobiese verteringsproses
Asetogenese is die derde stap tydens anaërobiese vertering
- Hidrolise: 'n Chemiese reaksie waar partikels afgebreek word en opgelos word en polimere omgeskakel word na eenvoudiger monomere;
- Asidogenese: 'n Biologiese reaksie waar eenvoudige monomere omgeskakel word na vlugtige vetsure;
- Asetogenese: 'n Biologiese reaksie waar vlugtige vetsure omgeskakel word na asynsuur, koolstofdioksied en waterstof en
- Metanogenese: 'n Biologiese reaksie waar asetate omgeskakel word na metaan en koolstofdioksied met die verbruik van waterstof.
Sien ook
Verwysings
- "Thermophiles in the Ocean" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Desember 2008. Besoek op 6 Augustus 2008.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.