Asab

Asab is 'n nedersetting in die ǁKaras-distrik in die suide van Namibië. Die plek se naam is 'n Nama woord wat "nuwe ding" beteken. Dit is op die B1-nasionale pad halfpad tussen Mariental en Keetmanshoop geleë. Sowat 23 km (14 myl) oos van Asab is die Mukurob-spits (Vinger van God) wat in 1988 ineengestort het.[1]

Asab
Asab se algemene handelaar
Asab se algemene handelaar
Asab is in Namibia
Asab
Asab
Koördinate: 25°49′0″S 18°0′0″O
LandVlag van Namibië Namibië
StreekǁKaras
KiesafdelingBerseba
TydsoneUTC+2 (SAST)

Asab ressorteer onder die Berseba-kiesafdeling. Die dorpie beskik oor 'n vulstasie, winkel en 'n klein hotel,[2] alhoewel nie een van hierdie besighede tans oop is nie. Vir die rede is die plek al as 'n spookdorp beskryf.[3] Die Asab-spoorwegstasie is 'n halte op die TransNamib-lyn vanaf Windhoek na Keetmanshoop.

Ongeveer 3 km buite Asab is die Groendoring-gemeenskap wat na die Groendoringboom vernoem is. Die gemeenskap beskik oor 'n privaat kerk en 'n kleuterskool wat tans gesluit is.[4]

Verwysings

  1. McIntyre, Chris. Namibia: the Bradt travel guide (3 uitg.). Bradt Travel Guides. p. 191. ISBN 978-1-84162-187-6.
  2. Shigwedha, Absalom (6 April 2004). "Storm damages Asab Hotel". The Namibian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2018.
  3. "Asab: spookdorp bied nie eens brandstof". Die Republikein. 22 November 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  4. Tjituka, Martin (30 April 2013). "Groendoring struggles to keep up with Eger legacy". The Namibian.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.