Ewehoewiges
Ewehoewiges (Cetartiodactyla) is 'n orde van soogdiere. Hulle word gekenmerk deur 'n ewe aantal (2 of 4) tone, indien hulle steeds tone het. As voorbeeld het kameelagtiges en kameelperdagtiges 2 tone, terwyl die seekoeie 4 tone het. Aan die twee middelste tone is hoewe. Die twee buitenste tone is onderontwikkeld of afwesig.
Ewehoewiges gelyktonige hoefdiere | |
---|---|
Die regter voorpoot van verskeie spesies Artiodactyla: Van links na regs: 'n vark (Sus scrofa), edelhert (Cervus elaphus) en 'n kameel (Camelus bactrianus) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | Cetartiodactyla |
Subordes | |
|
Uitbreiding met die walvisse
Traditioneel is die ewehoewiges wat op die land leef as 'n eie orde Artiodactyla en die walvisse en dolfyne as 'n eie orde Cetacea beskou. Genetiese navorsing[1] het egter in 1997 getoon dat die seekoeie nouer aan die walvisagtiges as aan die ander ewehoewiges verwant is. Saam met die seekoeie is hulle nouer aan byvoorbeeld die wildsbokke verwant as die varke of die kamele. Dit het verreikende gevolge vir die taksonomiese indeling, omdat die begrip Artiodactyla daarmee parafileties word. Met ander woorde dit bevat nie alle nasate van 'n gemeenskaplike voorsaat nie. As gevolg hiervan is 'n nuwe orde (Cetartiodactyla) in die lewe geroep wat ook die walvisse as tak van hierdie orde insluit, hoewel hierdie diere geen tone of hoewe meer het nie. [2]
Moderne taksonomiese indeling
Die orde van ewehoewiges word in die volgende subordes en families verdeel:
- Orde Cetartiodactyla
- Suborde Tylopoda (Eeltpotiges)
- Familie Camelidae (Kameelagtiges)
- Suborde Suina (varkagtiges)
- Familie Suidae (varke)
- Familie Tayassuidae (pekari's)
- Suborde Cetruminantia ("herkouers en walvisagtiges")
- Klade Cetancodontamorpha
- Klade Cetacea (walvisagtiges)
- Familie Hippopotamidae (seekoeie)
- Klade Ruminantia (herkouers)
- Infraorde Tragulina
- Familie Tragulidae (dwergherte)
- Infraorde Pecora ("gehoringde herkouers")
- Familie Antilocapridae (gaffelantilope)
- Familie Bovidae (horingdraers: beesagtiges, wildsbokke, bokke, skape en verwantes)
- Familie Cervidae (hertagtiges)
- Familie Giraffidae (kameelperd en okapi)
- Familie Moschidae (muskusherte)
- Infraorde Tragulina
- Klade Cetancodontamorpha
- Suborde Tylopoda (Eeltpotiges)
Verwysings
- Montgelard, Catzefis en Douzery 1997
- Mammals of Africa, Volumes 1-6 Jonathan Kingdon, David Happold, Thomas Butynski, Michael Hoffmann, Meredith Happold, Jan Kalina, A&C Black, 2013, ISBN 1408189968, ISBN 9781408189962bls. 22