Artinskium
Die Artinskium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Perm (epog/serie Sisuralium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede |
---|---|---|---|
Trias | Vroeg | Indusium | jonger |
Perm | Lopingium | Changhsingium | 252,2–254,1 |
Wuchiapingium | 254,1–259,8 | ||
Guadalupium | Capitanium | 259,8–265,1 | |
Wordium | 265,1–268,8 | ||
Roadium | 268,8–272,3 | ||
Sisuralium | Kungurium | 272,3–283,5 | |
Artinskium | 283,5–290,1 | ||
Sakmarium | 290,1–295,0 | ||
Asselium | 295,0–298,9 | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | ouer |
Die verdeling van die Perm (IKS). |
Die etage was van sowat 290,1 tot 279,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Sakmarium en gevolg deur die Kungurium.
Naam en definisie
Die etage is genoem na die Russiese plek Arti (ou naam Artinsk), suid van die stad Koengoer in die westelike Oeralgebergte. Die basis van die Artinskium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Sweetognathus whitei en Streptognathodus postfusus, en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Neostreptognathus pnevi en Neostreptognathus exculptus.
Verwysings
- Gradstein et al. (2012)
Bronne
- (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.