Arthur Grumiaux
Vroeë lewe
Grumiaux was op 21 Maart 1921 gebore in die Belgiese dorpie Villers-Perwin,[1] Grumiaux was slegs drie jaar oud toe sy oupa hom begin aanmoedig het die studie van musiek op te neem. Hy het op die ouderdom van ses jaar ingeskryf by die Konservatoria in Charleroi ; terwyl die normale ouderdom vir intrede elf jaar was. Hy het aldaar viool en klavier gestudeer tot op die ouderdom van elf jaar, toe hy gegradueer het en aanbeweeg het na die Koninklike Konservatoria in Brussel ten einde Viool te studeer.[2]
Loopbaan
Daar is al gesê dat hy sy buiging in Brussel op die ouderdom van veertien gemaak het,[2] of in 1935,[1] alhoewel dit oor die algemeen aanvaar word dat sy buiging in 1940 plaasgevind het.[3][4][5] Laasgenoemde uitvoering was in België gemaak saam met die Brussel Filharmoniese Orkes en Grumiaux het Mendelssohn se concerto gespeel.[4]
As gevolg van die Duitse inval van België het hy eers weer in die openbaar gespeel na die bevryding van Europa in 1945, en wel saam met die ENSA (die Geallieerde militêre vermaaklikheidorganisasie),[6][7] in sy Londense buiging daardie jaar.[3][4]
In 1949 was hy aangestel as professor van Viool by die Brussel Konservatoria, waar hy vantevore gestudeer het.[3][8] Hy het sy buiging in die Verenigde State gemaak in Boston in 1951, en die volgende jaar deur die VSA getoer.[6][9]
In 1973 is hy 'n Baron gemaak deur Koning Baudouin van België op grond van sy dienste aan musiek.[8]
Opnames
Grumiaux het 'n lang en vrugbare verhouding gehad met die Philips Plate-etiket, wat meer as twintig jaar sou duur, en opnames op die plate-etiket sluit werke deur Händel, Bach, Vivaldi, Michael Haydn, Schubert, Mendelssohn, Max Bruch, Tsjaikofski, Henryk Wieniawski, en Johan Svendsen in.[10][11]
'n Opname van Grumiaux se opvoering van een beweging van Bach se Sonatas en Partitas vir solo viool, nl. die "Gavotte en rondeaux" van Partita No. 3, is ingesluit op die Voyager Golden Opname, wat ingesluit is by die Voyager ruimtetuig as 'n vb. van kultuur op Aarde.[12]
Sy viole
Hy het beide 'n Guarneri, die "Roos" gemaak deur Giuseppe Guarneri in 1744,[13] en 'n Stradivarius, die "Generaal Dupont", wat in 1727 gemaak was, besit.[14]
Vioolkompetisie
Die Internasionale Grumiaux Kompetisie vir Jong Violiste word jaarliks gehou en vind plaas by die Koninklike Konservatoria van Brussel in België.[15][16]
Dit was die eerste keer in 2008 gehou onder die naam "Bravo".[17] In 2015 was die kompetisie egter ter ere van Arthur Grumiaux hernoem,[18] en word nou die Concours International Grumiaux pour Jeunes Violonistes (Internasionale Grumiaux Kompetisie vir Jong Violiste) genoem.[19]
Verdere Leeswerk
- Arthur Grumiaux on Violin Channel
- 2018 finalists on Violin Channel
- 2018 prizes of Grumiaux Competition on Violin Channel
- Article and video on Canal C
- Un prestigieux concours international pour jeunes violonistes a lieu à Namur on RTBF website, Sonia Boulanger
- Grumiaux competition on lavenir.net
- Article in Turkey
- Grumiaux competition on crescendo-magazine.be
Verwysings
- State, Paul F. (2015). Historical Dictionary of Brussels. Rowman & Littlefield. p. 190.
- Campbell, Margaret (2011). "34 The Musician's Musician". The Great Violinists. Faber and Faber. p. 167.
- "Arthur Grumiaux, Baron". Encyclopædia Britannica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2020.
- Burgess, Patricia; Turner, Roland (1989). The Annual Obituary. St. James Press. p. 580.
- Roth, Henry (1997). Violin Virtuosos: From Paganini to the 21st Century. California Classic Books. p. 203.
- Campbell, Margaret (2011). "34 The Musician's Musician". The Great Violinists. Faber and Faber. p. 168.
- Lloyd, Stephen (2014). Constant Lambert: Beyond the Rio Grande. Boydell Press. p. 332.
- "Legendary Violinists: Arthur Grumiaux". www.thirteen.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2020.
- "Arthur Grumiaux: The Boston Recordings". Parnassus Classical CDs and Records (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019. Besoek op 29 April 2019.
- "ARTHUR GRUMIAUX: PHILIPS RECORDINGS 1955-1978". Classics Today.
- "Arthur Grumiaux - Philips Recordings 1955-1977" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2020.
- "Golden Record: Music From Earth". JPL (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2017.
- "The Art of Arthur Grumiaux". Audiophile Audition (in Engels). 26 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020.
- "Frank Peter Zimmermann receives 'General Dupont', 'Grumiaux' Stradivarius on long-term loan". The Strad. 20 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2016. Besoek op 29 April 2019.
- "Revivez le concert des lauréats du Concours Grumiaux 2016". RTBF (in Frans). 1 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020.
- "Un prestigieux concours international pour jeunes violonistes a lieu à Namur". RTBF (in Frans). 10 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020.
- "8ème CONCOURS INTERNATIONAL "Arthur Grumiaux"". Institut Supérieur de Musique et de Pédagogie (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019.
- "Concours pour violonistes". lavenir.net (in Frans). 23 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020.
- "Contact". Best of Violin (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 29 April 2019.
Eksterne skakels
- The way they played: Arthur Grumiaux Geargiveer 21 Maart 2016 op Wayback Machine, The Strad
- Bach se Chaconne op film: Arthur Grumiaux Geargiveer 21 Maart 2016 op Wayback Machine, The Strad
- Competition site, Arthur Grumiaux Viool-kompetisie