Arthur Elliott
Arthur Elliott (1870 - 20 November, 1938) was 'n Suid-Afrikaanse fotograaf en oudheidkundige. Hy is 1870 in die Verenigde State gebore en gaan as seeman na die Verre Ooste. Hy arriveer in 1890 in Suid-Afrika, hou verskeie padvertonings en help om die grammofoon in Suid-Afrika bekend te stel. Hy was verantwoordelik vir die opname van die stem van president Paul Kruger, maar ongelukkig het die plaat tot niet geraak. Hy het veral beroemdheid verwerf met sy stelselmatige fotografering van historiese geboue geboue en die bewaring van unieke foto's wat Suid-Afrika se ontwikkeling uitbeeld. Na baie geskille het die Unieregering uiteindelik sy versameling van 10,000 negatiewe vir die Argief bekom, dit staan bekend as die Elliott-versameling. Hy het voor sy dood in 1938 baie uitstalling van sy werk in Kaapstad gehou.
Geslag | Manlik |
---|---|
Land van burgerskap | Verenigde State |
Gegewe naam | Arthur |
Familie naam | Elliott |
Geboortedatum | 1870 |
Geboorteplek | New York Stad |
Sterfdatum | 20 November 1938 |
Sterfplek | Kaapstad |
Taalbeheersing | Engels |
Beroep | fotograaf, argitektoniese fotograaf |
Kopieregstatus | kopiereg het verval |
Bibliografie
- Laidler, P. W. Arthur Elliott, a Sentimental Appreciation. Cape Town.
- Lighton, C. Arthur Elliott; a Memoir of the Man and the Story of his Photographic Collection. Cape Town, 1956.
Galery
|
|
|
Bronne
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
- Botha, Amanda: Arthur Elliott - bekende Kaapse fotograaf. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 20, nr. 2, Desember 1970