Arsenopiriet

Arsenopiriet (ook arseenpiriet) is 'n mineraal met formule FeAsS.[1]

Arsenopiriet
 
Arsenopiriet met sy streep. 
FormuleFeAsS 
OnsuiwerhedeAg, Au, Co, Sn, Ni, Sb, Bi, Cu, Pb 
Nickel-Strunz (10)2.EB.20  
Kleursilwerwit 
Streepgrys-swart 
Glansmetallies, submetallies 
Hardheid5,5 - 6 
Digtheid6.07(15) g/cm3 
Kristalsisteemmonoklien 
Strukturbericht-kodeE0 
Eenheidsela = 5.744 Å, b = 5.675 Å, c = 5.785 Å, β = 112.3° 
 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Gouderts

Arsenopiriet is veral belangrik omdat dit dikwels saam met goud aangetref word. Ná sulfiede is arsenopiriet die tweede gasheermineraal vir goud. Arsenopiriet met 'n goudgehalte tot 15 200g/t is in Villerange in Frankryk gevind.[2] Daar word dikwels gepraat van 'onsigbare goud' omdat dit dalk in die arsenopiriet self opgelos of as goud-nanodeeltjie in die mineraal ingeslote is.

Navorsing met Mössbauerspektroskopie en met XANES het getoon dat goud waarskynlik opgelos in arsenopirie teenwoordig is en daar kovalent gebonde is. Dit is nogtans moeilik om te bepaal watter oksidasietoestand die opgeloste goudatome besit.[3] Die oksidasietoestand 3+ kan nogtans uitgesluit word en hulle vervang dalk die ysteratome.

Kristalstruktuur

Die struktuur van arsenopiriet is verwant aan markasiet s'n. Pleks van S2−2-anioonpare het dit AsS3−-pare en die simmetrie is laer. Die ysteratome het drie As-bure en drie S-bure in 'n effens vervormde oktaëdriese omringing. Die arsenopirietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se E07-struktuur.[4]

Verwysings

  1. "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020.
  2. The Chemistry of Gold Extraction. John Marsden, Iain House SME, 2006, ISBN 0873352408, ISBN 9780873352406
  3. Chemical speciation of gold in arsenopyrite. Louis. J. Cabri et al. Canadian Mineralogist 38, 2000, 1265-1281
  4. TYPIX Standardized Data and Crystal Chemical Characterization of Inorganic Structure Types, Springer Science & Business Media, Erwin Parthé, Louise Gelato, Bernard Chabot, Marinella Penzo, Karin Cenzual, Roman Gladyshevskii, 2013, ISBN 3-662-10641-8, ISBN 978-3-662-10641-9
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.