Arp 87

Arp 87 is twee interaktiewe sterrestelsels, NGC 3808A en NGC 3808B. Dit is geleë in die sterrebeeld Leeu, ongeveer 300 miljoen ligjare van die Aarde af.

Arp 87
Arp 87 in Februarie 2007, soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die sterrestelsel NGC 3808A is hier aan die regterkant en NGC 3808B aan die linkerkant.
Soort stelselInteraktiewe sterrestelsels
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming11h 40m 44.2s
Deklinasie+22° 25 46
Besonderhede
Afstand (ligjaar)300 miljoen ligjare
Lugkoördinate
11h 40m 44.2s, +22° 25′ 46″
Portaal    Sterrekunde

Sterrestelsels is, nes die hemelliggame wat dit bevat, konstant aan die beweeg (ons eie sterrestelsel, die Melkweg, inkluis) en dié twee stelsels se huidige omhelsing is te danke aan die wisselwerking van hulle afsonderlike swaartekragte wat begin het toe hulle mekaar tussen 300 en 160 miljoen jaar gelede ontmoet het. Die kurktrekkervorm van die gety, soos waargeneem deur foto's van die Hubble-ruimteteleskoop, dui daarop dat sommige sterre en gas van die groter sterrestelsel in die aantrekkingskrag van die kleiner stelsel vasgevang is. Só 'n oordrag van materie is reeds in soortgelyke gevalle waargeneem.

Oor miljoene jare kan die sterrestelsels uiteindelik skei of, indien swaartekrag die oorhand kry, saamsmelt.

Bronnelys

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.