Aromaterapie
Aromaterapie (Engels: "Aromatherapy") is 'n skynwetenskap. Dit maak gebruik van aromatiese materiale, insluitend essensiële olies, en ander aromaverbindings, met aansprake op die verbetering van sielkundige of fisiese welstand.[1] Dit word aangebied as 'n aanvullende terapie saam met standaardbehandelings[2] of as 'n vorm van alternatiewe medisyne in plaas van konvensionele, bewysgebaseerde behandelings.[3]
|
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met Aromatherapy. |
Aromaterapeute, mense wat spesialiseer in die praktyk van aromaterapie, gebruik mengels van essensiële olies wat veronderstelde terapeutiese waarde het en gebruik dit as 'n plaaslike toediening, in massering, vir inaseming of in 'n water opolossing. Daar is geen goeie mediese bewyse dat aromaterapie enige siekte kan voorkom, behandel of genees nie.[4] Plasebo-beheerde proewe is moeilik om te ontwerp, aangesien die reuk van die produkte die punt van aromaterapie is. Daar is betwiste bewyse dat dit effektief kan wees in die bekamping van naarheid en braking na 'n operasie.[5][6]
Teorie
Aromaterapie is die behandeling of voorkoming van siektes deur die gebruik van essensiële olies. Ander vermelde gebruike sluit in pyn- en angsreduksie, die verbetering van energie en die korttermyngeheue, ontspanning, voorkoming van haarverlies en vermindering van die jeuk wat deur ekseem veroorsaak word.[7][8][9] Twee basiese meganismes word aangebied om die beweerde effekte te verduidelik. Een daarvan is die invloed van reuk op die brein, veral die limbiese stelsel deur die reukstelsel. Die ander is die direkte farmakologiese effekte van essensiële olies. Aromaterapie is gekritiseer as skynwetenskaplike bedrog.[10]
Verwysings
- Aromatherapy (Engels). Beter Gesondheidskanaal. Argief geskep van die oorspronklike op 27 Februarie 2012. URL besoek op 14 Augustus 2014.
-
Kuriyama, H (2005). "Immunological and Psychological Benefits of Aromatherapy Massage". Evidence-Based Complementary and Alternative Medicine (in Engels). 2 (2): 179–184. doi:10.1093/ecam/neh087. PMC 1142199. PMID 15937558.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - Alternatiewe behandelings en kanker - Kankerinligting (Engels). Macmillan Cancer Support (17 April 2014). Argief geskep van die oorspronklike op 3 Oktober 2014. URL besoek op 21 Augustus 2019.
-
Lee, M.S. (Maart 2012). "Aromaterapie vir gesondheidsorg: 'n Oorsig van sistematiese oorsigte". Maturitas (in Engels). 71 (3): 257–260. doi:10.1016/j.maturitas.2011.12.018. PMID 22285469.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) -
Ades, TB. Amerikaanse kankervereniging volledige gids vir aanvullende en alternatiewe kankerterapieë (in Engels) (2de uitg.). American Cancer Society. pp. 57–60. ISBN 978-0-944235-71-3.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|hoofstuk=
geïgnoreer (hulp) -
Hines, S. (Maart 2018). "Aromaterapie vir behandeling van naarheid en braking na 'n operasie". Cochrane Database Syst Rev (in Engels). 3: CD007598. doi:10.1002/14651858.CD007598.pub3. PMC 6494172. PMID 29523018.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - Kingston, Jennifer A. (28 Julie 2010). "Nostrums: Aromatherapy Rarely Stands Up to Testing". The New York Times (in Engels). Besoek op 29 Desember 2010.
- Nagourney, Eric (11 Maart 2008). "Skin Deep: In Competition for your Nose". The New York Times (in Engels). Besoek op 29 Desember 2010.
- Brody, Jane E. (26 Desember 2000). "PERSONAL HEALTH; For Aromatherapy, Big Claims, Little Proof". The New York Times (in Engels). ISSN 0362-4331. Besoek op 15 Februarie 2017.
- Barrett, S. Aromatherapy: Making Dollars out of Scents (Engels). Science & Pseudoscience Review in Mental Health. Scientific Review of Mental Health Practice. URL besoek op 21 Februarie 2013.