Armstrong Whitworth Whitley
Die Armstrong Whitworth Whitley was 'n tweemotorige bomwerper wat vir Britse Lugmag diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Whitley was die oudste tweemotorige bomwerper van die Britse Lugmag toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Tesame met die Vickers Wellington en die Handley Page Hampden was dit die enigste tweemotorige bomwerpers waaroor die Britse Lugmag beskik het toe die oorlog op 9 September 1939 uitgebreek het. Hierdie drie bomwerpers het die Britse bomaanvalle gedra totdat die eerste viermotorige bomwerpers eers in 1941 beskikbaar geraak het.
Armstrong Whitworth Whitley | |
---|---|
![]() | |
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Armstrong Whitworth Aircraft |
Nooiensvlug | 17 Maart 1936 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 1814 |
Tegniese besonderhede
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Rolls-Royce Merlin X V-tipe |
Kraglewering per motor | 1,075 perdekrag |
Vlerkspan | 25,60 m |
Lengte | 21,49 m |
Hoogte | 4,57 m |
Normale opstygmassa | 15 196 kg |
Maks. snelheid | 370 km/h op 5 000 m |
Operasionele hoogte | 7925 m |
Togafstand | 3 862km |
Bewapening | Een 0.303 Vickers K masjiengeweer in neus en vier 0.303 Browning masjiengewere in stertskiettoring |
Bomvrag | 3,175 kg |
Bron
- Munson, Kenneth: Bombers 1939–1945. Bounty Books. 2012. ISBN 978-0-7537-2172-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.