Armeense alfabet
Die Armeense alfabet (Հայկական Այբուբեն) word sedert die jaar 405 of 406 gebruik vir die skryf van Armeens. Dit is geskep deur st. Mesrop Masjtots, ’n Armeense taalkundige en godsdiensleier, en het oorspronklik 36 letters bevat. Nog twee, օ en ֆ, is in die Middeleeue bygevoeg. Tot in die 19de eeu was Klassieke Armeens die amptelike taal, en sedertdien word die Armeense alfabet gebruik om die twee amptelike dialekte, Oos-Armeens en Wes-Armeens, te skryf. Die Armeense woord vir "alfabet" is այբուբեն (aiboeben) en is genoem na die eerste twee letters, Ա (այբ, aib) en Բ (բեն, ben). Die alfabet word van links na regs geskryf.
Armeense alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | 405 - hede | |||
Rigting | Links na regs | |||
Tale | Armeens | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Vermoedelik geskoei op Grieks
| |||
ISO 15924 | Armn, 230 | |||
Unicode | Armenian, U+0530–U+058F, U+FB13–U+FB17 | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Geskiedenis en ontwikkeling
Die Armeense alfabet is in 405 n.C deur st. Mesrop Masjtots, ’n Armeense taalkundige godsdiensleier, en sint Isak van Armenië geskep, hoofsaaklik vir die vertaling van die Bybel in Armeens. Middeleeuse Armeense bronne beweer Masjtots het omstreeks dieselfde tyd die Georgiese en die Kaukasiese Albanese alfabet geskep.
Verskeie alfabette word genoem as inspirasie vir die Armeense alfabet. Pahlewi was die priesterlike skrif in Armenië voor die bekendstelling van die Christendom en Siries, saam met Grieks, was een van die alfabette wat vir Christelike geskrifte gebruik is. Daar word ook gereken dat die Ge'ez-skrif ’n invloed op sekere letters gehad het.[1] Hoewel die Armeense alfabet ooreenskomste toon met al dié skrifte, is die algemene konsensus dat dit geskoei is op die Avestiese en die Griekse alfabet en aangevul is met letters uit ’n ander bron vir Armeense klanke wat nie in Grieks gevind word nie. Een van die bewyse daarvan is die Griekse volgorde van die Armeense alfabet en die vorm van sekere letters wat lyk of hulle van ’n variëteit van kursiewe Grieks afgelei is."[2]
Daar is vier vorms van die skrif. Erkatagir ("gepantserde" letters) word beskou as Mesrop se oorspronklike skrif en is gebruik in manuskripte van die 5de tot die 13de eeu. Dit word steeds verkies vir epigrafiese inskripsies. Bolorgir ("kursief") is in die 10de eeu geskep en het in die 13de eeue gewild geword. Dit was van die 16de eeu af die standaard-drukletters. Notrgir ("kleinletters") is geskep vir spoed en is tussen die 16de en 18de eeu baie gebruik, en later in drukwerk. Sheghagir ("skuins skrif") is nou die mees algemene vorm.
Hoewel Oos- en Wes-Armeens dieselfde alfabet gebruik, word sommige letters verskillend uitgespreek vanweë die klankverskuiwing in Wes-Armeens:
- բ ([b] vs. [pʰ]) en պ ([p] vs. [b])
- դ ([d] vs. [tʰ]) en տ ([t] vs. [d])
- գ ([ɡ] vs. [kʰ]) en կ ([k] vs. [ɡ])
- ջ ([d͡ʒ] vs. [t͡ʃʰ]) en ճ ([t͡ʃ] vs. [d͡ʒ])
- ձ ([d͡z] vs. [t͡sʰ]) en ծ ([t͡s] vs. [d͡z])
Die aantal en volgorde van die letters het mettertyd verander. Die letters օ [o] en ֆ [f] is in die Middeleeue bygevoeg vir nie-Armeense klanke en die letters het toe van 36 tot 38 vermeerder. Van 1922 tot 1924 het Armeens in die Sowjetunie ’n spelhervorming ondergaan. Die uitspraak van die meeste letters het egter dieselfde gebly. Die hervorming is wyd verwerp (onder andere deur Armeniërs in Libanon en Iran). Hulle het beweer daar is politieke motiewe daaragter.
Letters
Letter | Naam | IFA | Transliterasie | Syferwaarde | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Tradisioneel | Ná hervorming | Uitspraak | Klassiek | Oos | Wes | Klassiek | ISO 9985 | ||||
Klassiek | Oos | Wes | |||||||||
Ա ա | այբ | [aɪb] | [aɪpʰ] | [ɑ] | a | 1 | |||||
Բ բ | բեն | [bɛn] | [pʰɛn] | [b] | [pʰ] | b | 2 | ||||
Գ գ | գիմ | [ɡim] | [kʰim] | [ɡ] | [kʰ] | g | 3 | ||||
Դ դ | դա | [dɑ] | [tʰɑ] | [d] | [tʰ] | d | 4 | ||||
Ե ե | եչ | [jɛtʃʰ] | [ɛ], word initially [jɛ]1 | e | 5 | ||||||
Զ զ | զա | [zɑ] | [z] | z | 6 | ||||||
Է է | է | [ɛː] | [ɛ] | [ɛː] | [ɛ] | ē | 7 | ||||
Ը ը | ըթ | [ətʰ] | [ə] | ə | ë | 8 | |||||
Թ թ | թօ[3] | թո | [tʰo] | [tʰ] | tʿ | t’ | 9 | ||||
Ժ ժ | ժէ | ժե | [ʒɛː] | [ʒɛ] | [ʒ] | ž | 10 | ||||
Ի ի | ինի | [ini] | [i] | i | 20 | ||||||
Լ լ | լիւն | լյուն | [lʏn] | [ljun] | [lʏn] | [l] | l | 30 | |||
Խ խ | խէ | խե | [χɛː] | [χɛ] | [χ] | x | 40 | ||||
Ծ ծ | ծա | [tsɑ] | [dzɑ] | [ts] | [dz] | c | ç | 50 | |||
Կ կ | կեն | [kɛn] | [ɡɛn] | [k] | [ɡ] | k | 60 | ||||
Հ հ | հօ[3] | հո | [ho] | [h] | h | 70 | |||||
Ձ ձ | ձա | [dzɑ] | [tsʰɑ] | [dz] | [tsʰ] | j | 80 | ||||
Ղ ղ | ղատ | [ɫɑt] | [ʁɑt] | [ʁɑd] | [ɫ] | [ʁ] | ł | ġ | 90 | ||
Ճ ճ | ճէ | ճե | [tʃɛː] | [tʃɛ] | [dʒɛ] | [tʃ] | [dʒ] | č | č̣ | 100 | |
Մ մ | մեն | [mɛn] | [m] | m | 200 | ||||||
Յ յ | յի | հի | [ji] | [hi] | [j] | [h]2, [j] | y | 300 | |||
Ն ն | նու | [nu] | [n] | n | 400 | ||||||
Շ շ | շա | [ʃɑ] | [ʃ] | š | 500 | ||||||
Ո ո | ո | [o] | [vo] | [o], word initially [vo]3 | o | 600 | |||||
Չ չ | չա | [tʃʰɑ] | [tʃʰ] | čʿ | č | 700 | |||||
Պ պ | պէ | պե | [pɛː] | [pɛ] | [bɛ] | [p] | [b] | p | 800 | ||
Ջ ջ | ջէ | ջե | [dʒɛː] | [dʒɛ] | [tʃʰɛ] | [dʒ] | [tʃʰ] | ǰ | 900 | ||
Ռ ռ | ռա | [rɑ] | [ɾɑ] | [r] | [ɾ] | ṙ | 1000 | ||||
Ս ս | սէ | սե | [sɛː] | [sɛ] | [s] | s | 2000 | ||||
Վ վ | վեւ | վեվ | [vɛv] | [v] | v | 3000 | |||||
Տ տ | տիւն | տյուն | [tʏn] | [tjun] | [dʏn] | [t] | [d] | t | 4000 | ||
Ր ր | րէ | րե | [ɹɛː] | [ɾɛ]4 | [ɹ] | [ɾ]4 | r | 5000 | |||
Ց ց | ցօ[3] | ցո | [tsʰo] | [tsʰ] | cʿ | c’ | 6000 | ||||
Ւ ւ | հիւն | N/A5 | [hʏn] | [w] | [v]6 | w | 7000 | ||||
Փ փ | փիւր | փյուր | [pʰʏɹ] | [pʰjuɾ] | [pʰʏɾ] | [pʰ] | pʿ | p’ | 8000 | ||
Ք ք | քէ | քե | [kʰɛː] | [kʰɛ] | [kʰ] | kʿ | k’ | 9000 | |||
Bygevoeg in 13de eeu | |||||||||||
Օ օ | օ | [o] | [o] | ō | ò | N/A | |||||
Ֆ ֆ | ֆէ | ֆե | [fɛː] | [fɛ] | [f] | f | N/A | ||||
Letter | Tradisioneel | Ná hervorming | Klssiek | Oos | Wes | Klassiek | Oos | Wes | Klassiek | ISO 9985 | Syferwaarde |
Uitspraak | |||||||||||
Naam | IFA | Transliterasie | |||||||||
Unicode
Die Armeense alfabet is ingesluit in die Unicode-standaard sedert weergawe 4.0. Die Unicode-blok daarvoor is U+0530–U+058F. Vyf Armeense koppelletters kom voor in die "Alfabetiese voostellingsvorms"-blok, U+FB13–U+FB17.
Sien ook
Verwysings
- Richard Pankurst. 1998. The Ethiopians: A History, bl. 25
- Avedis Sanjian, "The Armenian Alphabet". In Daniels & Bright, The Word's Writing Systems, 1996:356–357
- Melkonian, Zareh (1990). Գործնական Քերականութիւն — Արդի Հայերէն Լեզուի (Միջին եւ Բարձրագոյն Դասընթացք) (in Armeens) (4 uitg.). Los Angeles. p. 6.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
Eksterne skakels
- Armenotype Armeense tipografie
- Nayiri.com Woordeboek
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Armeense alfabet.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Armeense alfabet.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia