Arkansas

Arkansas (Engels: State of Arkansas) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika met omtrent 2,9 miljoen inwoners. Sy hoofstad en grootste stad is Little Rock. Arkansas is die 25ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Missouri, in die ooste deur Tennessee en Mississippi, in die suide deur Louisiana, en in die weste deur Oklahoma en Texas begrens. Arkansas se bynaam is Die Natuurlike Staat (Engels: "The Natural State").

Die Memphis & Arkansas Bridge oor die Mississippi verbind West Memphis in Arkansas met Memphis in Tennessee as deel van Interstate 55
Ouachita Mountains
Ozark Mountains: Herfskleure in die Buffalo National River-vallei
Eureka Springs, 'n Victoriaanse ontspanningsoord in die beboste bergwêreld van die Ozark Mountains van Noordwes-Arkansas, is een van die deelstaat se argitektoniese juwele. Bekend as The Magic City en Stairstep Town, met kronkelende paaie wat bergop en bergaf lei, word die dorp deur die National Trust for Historic Preservation as een van America's Distinctive Destinations gelys. Liefhebbers van spookhotelle vind verblyf in die Crescent Hotel van 1886 - America's Most Haunted Hotel
Little Rock - een van Central Arkansas Transit Authority se River Rail Streetcars op die hoek van President Clinton Avenue en Commerce Street
William J. Clinton Presidential Library, Little Rock
Plegtige opening van die Presidensiële Biblioteek in 2004: Eregaste trotseer die reën en luister na die Air Force Band
Van links: Barbara Bush, George H.W. Bush, Laura Bush, President George W. Bush, Bill Clinton, Chelsea Clinton, Hillary Clinton, Jimmy Carter en Rosalynn Carter
'n Kort tussenlanding van die befaamde Britse popkwartet The Beatles op Walnut Ridge se streekslughawe in 1964 - hulle was op pad na 'n ontspanningsverblyf op 'n plaas in Missouri - het spore gelaat. Vandag is daar naas 'n monument, wat ter ere van die Fab Four opgerig is, ook 'n plaza en 'n musiekfees
Deelstaat Arkansas
alt alt
Vlag van Arkansas Seël
Bynaam(e): "The Natural State"
alt
Kaart van die Verenigde State met Arkansas uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
HoofstadLittle Rock
Grootste stadLittle Rock
Area 29ste in die V.S.
 - Totaal137 733 km2
 - Wydte385 km
 - Lengte420 km
 - Water2 876 km2
 - % water2,09 %
 - Breedtegraad33° 00′ N tot 36° 30′ N
 - Lengtegraad89° 39′ W tot 94° 37′ W
Bevolking 33ste in die V.S.
 - Totaal2 915 918
 - Digtheid20,71/km2
34ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste punt Magazine Mountain
840 m
 - Gemiddeld198 m
 - Laagste puntOuachitarivier
17 m
Toetrede tot die Unie  15 Junie 1836 (25ste)
GoewerneurAsa Hutchinson (R)
Luitenant-GoewerneurTim Griffin (R)
WetgewerArkansas Algemene Vergadering
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreJohn Boozman (R)
Tom Cotton (R)
Tydsone UTC-6 / Somertyd UTC-5
Afkortings AR US-AR
Webbladwww.arkansas.gov

Die eerste Europese nedersetting in die huidige deelstaatgebied was die Franse handelspos Poste de Arkansea wat deur Henri de Tonti in 1686 teen die oewer van die Arkansas River se benedeloop gestig is. Hier het Franse en Spanjaarde handel gedryf met die plaaslike Quapaw-Indiane. As Arkansas Post was die nedersetting ook van strategiese belang vir die Amerikaners wat dit tot militêre buitepos uitgebou het. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog kon Amerikaanse magte hier in 1783 'n Britse aanval afweer. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het Uniemagte hier in 1863 'n militêre oorwinning oor Gekonfedereerde troepe behaal, maar sonder om hul militêre doelwit, die inname van Vicksburg, te bewerkstellig. Arkansas Post het as eerste territoriale hoofstad gedien.

Eksterne skakels

Toerisme

Landbou

Kuns en ambagte

Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.