Ariarathes VII
Ariarathes VII Filometor (Grieks: Ἀριαράθης Φιλομήτωρ) was van 116/111 v.C tot 101/100 v.C koning van Kappadosië. Hy was die seun van sy voorganger, Ariarathes VI, en sy vrou, Laodice. Tydens die eerste jare van sy bewind was sy ma die regent. In dié tyd het koning Nicomedes III van Bitinië die koninkryk beset en met Laodice getrou.
Ariarathes VII Filometor | |
---|---|
Koning van Kappadosië | |
Tydperk | 116/111 – 101/100 v.C. |
Grieks | Ἀριαράθης Φιλομήτωρ |
Huis | Ariathide |
Voorganger | Ariarathes VI |
Opvolger | Ariarathes IX |
Vader | Ariarathes VI |
Moeder | Laodike |
Vrou | onbekend |
Kinders | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Nicomedes is egter gou daarna deur Mithridates vervang, wat Ariarathes teruggeplaas het op die troon. Maar toe laasgenoemde beswaar maak teen die moord op sy pa deur ’n bondgenoot van Mithridates, het die koning van Pontus hom ook laat vermoor en sy seun Ariarathes IX in sy plek op die troon gesit.
Bronne
- Hazel, John; Who's Who in the Greek World, "Ariarathes VII", 1999
- Head, Barclay; Historia Numorum, "Cappadocia", 1911
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.