Geelblom-bloudissel
Die geelblom-bloudissel (Argemone mexicana) is 'n indringerplant in Suid-Afrika.[1] Die plant is inheems aan Wes-Indië en moontlik ook aan Sentraal-Amerika en Florida.[2] Dit is ook 'n indringerplant in Indië, Nepal, Bangladesj, Meksiko en op Fiji en Mauritius. Die sade bevat die alkaloïede sanguinarien en dihidrosanguinarien en is baie giftig. Besoedeling van olie wat as voedsel gebruik word met hierdie sade lei tot gesondheidsprobleme soos edeem en gloukoom.[3]
Argemone | |
---|---|
(Argemone mexicana) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | Papaverales |
Familie: | Papavaceae |
Subfamilie: | Papaveroideae |
Genus: | Argemone |
Sy beweidingskapasiteit is gering:
EIW | SWIW | LnregWIW | |
---|---|---|---|
Weidingsindekswaarde[4] | 1 | 0.5 | 0.62 |
Ander name
- Engelse naam: Prickly poppy, Yellow-flowered Mexican poppy, Devil’s fig en Texas poppy
- Indiese naam: Satyanashi
- Duitse naam: Stachelmohn
- Nederlandse naam: Stekelpapaver
- Zoeloenaam: Ugudluthukela
Sien ook
Wikimedia Commons bevat media in verband met Argemone mexicana. |
Verwysings
- "Yellow-flowered Mexican poppy – Argemone mexicana". Invasive Species South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Junie 2017.
- Poisonous Plants of California Thomas C. Fuller, Elizabeth May McClintock, University of California Press, 1986, ISBN 0-520-05569-1, ISBN 978-0-520-05569-8 bls 201
- "Epidemic dropsy". WHO South East Asia Regional Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2006. Besoek op 17 November 2006.
- P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.
Bronne
- Ownbey GB. 1961. "The genus Argemone in South America and Hawaii". Brittonia 13, 91
- Sanguinarin, Protopin: Alkaloiden
- Das M, et all 2005. Correlation of DNA damage in epidemic dropsy patients to carcinogenic potential of argemone oil and isolated sanguinarine alkaloid in mice. Int. J. Cancer. 117:709-717.[dooie skakel]
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.