Arend (sterrebeeld)

Die Arend (Latyn: Aquila) is ’n sterrebeeld ’n paar grade noord van die hemelewenaar. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is genoem na ’n arend in die Romeinse mitologie wat aan die god Jupiter behoort en verskeie take vir hom uitgevoer het.

Arend
Latynse naamAquila
GenitiefAquilae
AfkortingAql
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming20h
Deklinasie
Grootte652 vk. grade (22ste)
KwadrantNQ4
Besonderhede
Hoofsterre8
Helderste sterAltair (α Aql)
Naaste sterAltair
Sterre helderder as 3 m3
Sterre met planete8
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre65
MeteoorreënsJune Aquilids, Epsilon Aquilids
Aangrensende sterrebeelde
Pyl, Hercules, Slangdraer, Slang, Skild, Boogskutter, Steenbok, Waterdraer, Dolfyn
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die sterrebeeld kan die beste in die somer gesien word, aangesien dit aan die Melkweg geleë is. Om dié rede word ook verskeie sterreswerms en newelvlekke in die Arend aangetref. Hulle is egter dof en daar is min sterrestelsels.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.